Hoërskool Bergvlam Skoolgeskiedenis & Embleme
School History & Emblems

Die naam “BERGVLAM” word op 13 Januarie 1975 gekies. Die leerders is tans alom bekend as “VLAMMIES”

The name “BERGVLAM” was chosen on 13 January 1975 and the learners are known far and wide as “VLAMMIES”

Skoolwapen & Leuse
Motto & School Badge

Die Skoolwapen:
Die skoolwapen is ontwerp deur Mnr. Kobus Möller (die eertydse kunsonderwyser) en word op 6 September 1977 goedgekeur en in dieselfde jaar amptelik in gebruik geneem. Die ontwerp wat sentraal staan, is die blom van die gewone koraalboom (Erythrina lysistemon) aan `n takkie, in `n ovaalvormige skild, teen `n turkoois agtergrond.

The School Badge:
The school badge was designed by Mr Kobus Möller (the art teacher at that time) and was approved on 6 September 1977 and officially put to use in that year. In the centre is the flower of the common “koraalboom” (Erythrina lysistemon) on a branch, with a shield and a turquoise background.

Simboliek:
`n Koraalboom (in die volksmond, Bergvlam) is tradisioneel deur die Zoeloes as `n koninklike blom gesien. Die boom, wat baie maklik gekweek kan word en sterk is, is as simbool van Hoërskool Bergvlam in vooruitsig gestel. Die blom van die vinniggroeiende Koraalboom is simbool van `n nuwe skool wat vinnig moes groei om “DIE VLAM” of die trots van die Laeveld te word. As besondere sierboom, eie aan die Laeveld, blom die boom bloedrooi en vertoon soos `n vlam. Só moet Bergvlam met trots en vurigheid groei tot `n skool wat raakgesien word en `n dinamiese impak maak. Die Christelike karakter van Bergvlam staan voorop in die skool se heraldiek.

Symbolism:
The “Koraalboom” (popularly, Bergvlam) is traditionally used by the Zulus as a flower which symbolises royalty. The tree, which is a very strong variety and is easy to grow, was adopted as a symbol which depicts the vision of Hoërskool Bergvlam. It symbolised the new school which had to grow quickly to become “The FLAME” and the pride of the Lowveld. As an exceptional tree, unique to the Lowevld, the flower is bright red and resembles a flame. In the same way, Bergvlam has grown with fire and passion, and is recognisable by all through the dynamic impact it has made and is making. The Christian character of Bergvlam is also part of the school’s heraldry.

Leuse: Daar is op 6 September 1977 besluit op die besondere leuse: ” As U wil en ek leef ”, na aanleiding van die teksvers, Jakobus 4:15, wat Ds. Francois Lessing gebruik het tydens `n saalopening.

Motto: It was decided on 6 September 1977 that the school motto would be: ” As U wil en ek leef ”, which is a reference to the Bible verse, James 15:4, which Rev. Francois Lessing used in an assembly opening.

Vlammielied
Vlammie Song

Verse:
Daar is ‘n vlam,
‘n Vlam wat brand.
Hy brand van hier,
Regdeur die land.
Daar is ‘n vuur,
‘n Vuur wat gloei.
Helderblou vlam,
Wat ons laat groei

Chorus:
There is a flame,
That burns with pride.
In Vlammies’ hearts,
We cannot hide.
We are the Vlammies,
Standing tall,
Standing together,
One for all!

Bridge:
As U wil en ek leef,
As U wil en ek leef.
If Thy will I shall live,
If Thy will I shall live.

Chorus:
There is a flame,
That burns with pride.
In Vlammies’ hearts,
We cannot hide.
We are the Vlammies,
Standing tall,
Standing together,
One for all!

Skoollied
School Anthem

Komposisie / Composition:
Mej. S. Cussons
1976
Verwerk / Revised:
Mr. A . Van Zyl
2016
 
Hoog teen die helling triomfantlik
Daar troon die vlam van ons Laeveld.
Toonbeeld van moed en van blye oorwinning
Werd is dit meer as roem of as geld.
 
Like the tree stands with beauty and pride,
Adorns our school with knowledge and insight.
Oh, what a gift from the hand of our Father,
Flame of our Faith, of our Love and of Hope.
 
Koor / Chorus:
As U wil en ek leef,
As U wil en ek leef,
Bereik ek steeds die hoogste doelWaarna ʼn mens kan streef
If Thy will I shall live,
If Thy will I shall live,
We will with Passion in this Flame
Let knowledge revive.

Vlammie se gebed
Vlammie prayer

As I am called to duty, dear God
however pure our flame may rage
Grant us courage to take up the calling
to serve those in need.
Humble us to embrace the little things,
to serve with dedication,
let us honour and not hate.
 
Verskerp ons bewustheid om die dag
se uitdagings te ontmoet,
om te arbei met toegewydheid en effektiwiteit
Steek ons vuur aan,
sodat ons U roeping kan oordra.
 
Help us to give the best of us,
to guard our friend and neighbour
and protect their soul.
 
En… indien U dit so behaagen
ons wel sukses bereik;
Seën ons met U beskermende hand
oor ons Bergvlamfamilie uitgestrek, een en elk
 
AMEN

Vlag & Vaandel
Flag & Banner

Die Vlag:
Die skool- en landsvlag word daagliks gehys. Albei vlae hang ook in die saal. Die kleiner vlag word tydens optogte gedra
The Flag:
The school and the country’s flags are hoisted daily. Both flags also hang in the hall. A smaller flag is carried for marches and processions.
Die Vaandel:
Die presidente tree op as vaandeldraers tydens amptelike seremonies.
The Banner:
The school presidents carry the banner at all official ceremonies.

Klok & Vlam
Bell & Flame

Die Klok:
Die “klok” word tydens seremoniële funksies gelui.

The Bell:
The “bell” gets rung during ceremonial occasions.

Die Vlam:
Die “VLAM” word tydens alle amptelike seremonies deur `n brandende fakkel aangesteek.

The Flame:
The “FLAME” is used during all official ceremonies through the lighting of a torch.

Blaze & Skoolkoerant
Mascot & School Newspaper

Gelukbringer:
“Blaze” bestaan sedert 2018 en is ontwerp Mevv. E. Grobler en A. Bekker. Vervaardig deur Tania Botes van Fantasy Flair. Blaze se rooi hare simboliseer die Vlam en gees van Bergvlam.
Die Skoolkoerant:
Die eerste uitgawe van ons skoolkoerant, “Die Onderonsie”, verskyn op 9 Junie 1987.
The School Paper:
The first edition of the school paper, “Die Onderonsie”, appeared on 9 June 1987.

Oom Boom

Bakens:
Twee pragtige, reuse Papierbasdoringbome (Acacia sieberiana) is baie bekende bakens en baie geliefd. Die boom naaste aan die saal is in 2005 gedoop as “GROOTBOOM” en sy buurman as “OOM BOOM”.
Landmark:
Two enormous Paperbark Thorntrees (Acacia sieberiana) are well known and well loved landmarks. The tree nearest to the hall was given the name “GROOTBOOM” in 2005 and the other one was named “OOM BOOM”.

Grootboom

Baken:
Hierdie bome is geleë in die middel van die skoolgronde as ‘n stille getuienis van vele aktiwiteite wat jaarliks onder die takke plaasvind.

Landmark:
These trees which are situated in the middle of the school grounds, stand as silent testimonies to the many activities which take place yearly under their branches.

Tradisies

• Die matriekmuur word in 2009 in gebruik geneem. Elke matriekgroep messel aan die einde van die akademiese jaar`n boodskap in die muur in wat na 10 jaar, tydens `n reünie uitgehaal sal word.
• Die “GROOTBOOM” area is uitsluitlik vir die gebruik van die matrieks.
• `n Sementblok word ook sedert 2009 jaarliks gegiet. Die presidente van die betrokke jaar skryf dan hulle name en die jaartal in die nat sement.
• In 2011 is `n nuwe tradisie deur die matriekgroep geskep. `n Lang wasgoeddraad word gespan waaraan skooldrag, wat geskenk word, gehang word. `n Draad van 90m is vanjaar vol gehang. Die matrieks van die volgende jaar moet die prestasie probeer verbeter.
• Die “klok” word tydens ‘n seremoniële funksie gelui na oriëntering van graad 8’s en dan ook wanneer graad 12’s die skool verlaat.
• Die “Vlam” word aangesteek by die BK inhuldiging, Interhoër en tydens spesifieke seremonies.
• Die “Vlammie Mannetjie” word by sportgeleenthede gebruik.
• Die snoepie staan bekend as “Mac-Vlammie”.
• Erfenisdag word herdenk deur die dra van kulturele drag deur die leerders.
• Graad 8’s dra beffies tot na hul oriëntering.
• Graad 8’s staan bekend as ‘n “muscka”.
• Alle geboue, areas en/of straatname word benoem.
• Pa-en-seun byeenkomste vind jaarliks plaas.
• Die pretdag vind jaarliks vroeg in September plaas.
• Die gedenkmuur is in gebruik.
• “Die Onderonsie” is die amptelike skoolblad van die skool.
• Slegs die matrikulante swem per geleentheid in die fontein by die restaurant

Traditions

• The matric wall was used for the first time in 2009. At the end of the academic year, each matric group cements a message in the wall. This is only opened when that group has its 10 year reunion.
• The “GROOTBOOM” area may only be used by the current matric group.
• Since 2009, a cement block has also been laid yearly. The presidents of that year then imprint their names in the wet cement.
• In 2011 a new tradition was started by the matric group. A long ware-line is erected and uniforms that are no longer needed, are pinned along it. A wire of 90m was filled this year. The matrics of next year have been challenged to improve on this.
• The special school bell will ring at all ceremonial functions such as the inauguration of Grade 8 learners and on the last school day for Grade 12 learners.
• The ‘Flame’ will be lit at specific ceremonies, at the inauguration of the Student Executive body and at Inter High Athletics meetings.
• The Vlammie man mascot will be used at all sport events.
• The tuck shop is referred to as ‘MacVlammie’.
• Heritage day is celebrated by learners wearing traditional clothes.
• Grade 8 learners wear bibs until the inauguration ceremony.
• Grade 8 learners are known as ‘muscas’.
• All buildings, specific areas and streets are named after specific people who played a part in the history of Bergvlam.
• Dad-a-lad functions take place annually.
• The fun day takes place in September of every year.
• The wall of remembrance has been erected.
• “Die Onderonsie” is the official school magazine.
• Only matriculants are occasionally allowed to swim in the fountain outside the restaurant occasionally.

Pioniersjare
Pioneering Years

Elza Vorster
25 jaar onderwyseres van Hoërskool Bergvlam
25 years a teacher at Hoërskool Bergvlam

Onnie se passie onblusbaar
“Ek is net ‘n doodgewone onderwyser wat mal is oor die kinders en my vak.”

MBOMBELA – Me. Elza Vorster is meer bekend as “Juffrou Vorster” onder die leerlinge vir wie sy die afgelope 25 jaar by Hoërskool Bergvlam Afrikaans huistaal gegee het. En ja, sy kom nuwe leerlinge teë wat sê: “Juffrou het vir my ma skoolgehou.”
Sy het nog nooit ‘n druipeling in haar vak gehad nie en vanjaar se matriekgroep mag haar laaste wees omdat sy met haar 65ste verjaarsdag in Januarie genoop word om af te tree. “Ek is so bang. Wat gaan ek doen sonder die interaksie met die kinders?”
Nie dat sy enigiets buiten besig gaan bly nie. Vorster skryf saam met me. Philna Scholtz die Viva Afrikaanse handboeke wat regoor die land in skole gebruik word. Sy is ook in beheer van Boeke Innibos.
Tog is haar grootste passie – selfs bo boeke en drama – kinders. “Ek is net ‘n doodgewone onderwyser wat mal is oor die kinders en my vak.”
“Kinders weet dadelik of jy daarvan hou om jou vak vir hulle te verduidelik en of jy van hulle hou.” Sy bespreek graag boeke met hulle en gee nie veel om of hulle Afrikaans of Engels lees nie – solank hulle net lees.
Sy is trots op hoeveel van haar leerlinge Afrikaans en Afrikaanse onderwys gaan studeer.
“Maar hulle almal hoef nie, solank hulle net aanhou lief bly vir die taal.” Soos een van haar oudstudente wat een middag in haar klas instap terwyl hy haar nie opmerk nie en vir homself sê: “Ek mis hierdie klas so”. Vorster sê dis seker die grootste kompliment wat sy nog gekry het, maar voeg laggend by dat daar seker ook baie kinders is wat presies die teenoorgestelde voel.
Sy bring ook hulde aan haar man, mnr. Daan Vorster, wat haar nog altyd ondersteun het. Vorster is ‘n kultuurvraat en is een van die redenaarsameroepers wat Vrydag (vandag) 60 radikale redenaars van Vlammies gaan sien deelneem aan ‘n kompetisie waarin die skool al agt nasionale wenners opgelewer het. Vorster bly ook ten spyte van haar selfverklaarde beperkte sing- en dansvermoë nóú betrokke by die skool se revues, iets wat vir menige kind die beste skoolherinneringe bly.
Die Laevelder: 1 August 2014 06:03

Annemarié Kleynhans
Voormalige Hoof van Hoërskool Bergvlam
Mev. Kleynhans was 2 jaar by die skool en sedert 2012 as hoof

Hoof en held Mamma K, neem swaar afskeid
Annemarié Kleynhans moes aan die einde van Februarie aftree.
March 5, 2018

MBOMBELA – “Mamma K” het nie geweet hoe sy op haar laaste dag as hoof van Hoërskool Bergvlam van die skool af sou kon wegry nie.

Die trane lê skielik vlak vir Annemarié Kleynhans. Sy gaan álles mis, sê sy.

“Ek gaan die kinders mis, ek gaan die personeel mis. Ons het ‘n baie spesiale band wat ek nie weet waar ‘n mens weer kry nie.”

Sy is al 12 jaar by die skool en sedert 2012 hoof. Die begin van die einde was verlede jaar toe ‘n afgevaardigde van die Onderwysdepartement haar pensioenpapiere by die skool aangebring het. “Op 28 Februarie skop die stelsel jou uit,” is sy meegedeel, omdat sy in Februarie 65 geword het.

So werk die staatsdiens, maar Mamma K, soos die kinders haar noem, is nie naastenby gereed om die tuig neer te lê nie.

Sy begin eersdaags as hoof van Horizon Academy in Malalane, ‘n nuwe privaatskool se hoërskool.

En sy het dit tog wel reggekry om Woensdag in haar kar te klim en die petrolpedaal te trap; hierdie skool wat onder haar leierskap tot een van die top-presterende skole in die provinsie gevorder het. Hulle het hul waardering gewys deur op haar laaste dag fonteine met haar naam daarop te onthul.

Dit is deel van Kleynhans se nalatenskap: Met haar aan die stuur van sake het die skool se terrein besondere verbeteringe ondergaan. Hulle het ook tegniese onderrig begin en handhaaf ‘n byna 100-persentslaagsyfer. Bergvlam is ook die enigste parallelmediumhoërskool in Mbombela