DRINGENDE KENNISGEWING

Alternatiewe aflaaiplek / afhaal- / waghekarea vir leerders

Vanaf 09-07-2020 mag ouers gebruik maak van die ‘DROP-OFF ZONE GATE’.  Hierdie hek is in Geelhoutlaan tussen die Hoofhek en die Laevelderhek.

Alle leerders wat in die middae moet wag om afgehaal te word, MOET in hierdie toegewese area wag.

Leerders volg dieselfde prosedure tot by die Mac Vlammie-hek om toegang tot die skool te kry.

Hierdie hek is oop vanaf 06:45 – 07:30 en weer oop vanaf 13:00 – 14:30.

Enige leerder wat nie na 14:30 by die ‘DROP-OFF ZONE GATE’ afgehaal word nie, moet by die sekuriteitshek by die Hoofhek aanmeld en vir hulle ouers wag.

 GEEN LEERDER SAL TOEGELAAT WORD OM BUITE DIE SKOOLGRONDE TE WAG NIE

Sien aangehegte kaart.

Baie dankie vir u samewerking.