30 Mei 2018
Bergvlam leerders. Dis jou tyd om te skyn.
Dis is jou kans om jou talente te vertoon tydens ons Vlammies se Kultuurweek tussen 23-27 Julie 2018.
Kom sing, speel ‘n instrument, dans, doen voordrag, poësie en drama. Dit is al die kategorieë waaraan jy kan deelneem.
Ons tema vir die week is “Ons Multi-kulturele Reënboognasie”.
Ons wil jou talente vier!
Daar sal elke dag, vir elke kategorie, oudisies in die skoolsaal plaasvind waar die beste talent gekies sal word om by die Vlammie Gala-aand deel te neem:
- Maandag 23/7 Sang en Instrumente
- Dinsdag 24/7 Dans
- Woensdag 25/7 Voordrag en Toesprake
- Donderdag 26/7 Kleedrepetisie
- Vrydag 27/7 Vlammie Gala-aand (6nm Hoërskool Bergvlam – saal, kaartjies
teen R20 per volwassene en R10 per leerder)
Die Vlammie Gala-aand sal ‘n verskeidenheid kosstalletjies hê om al die kulture in ons reënboognasie te vier.
Wees deel van ons Kultuurfees en Vat Vlam!
Vir meer inligting rakende ons oudisies en kosstalletjies (R250 huur van stalletjie) kan u gerus Mev. E. Bothma by 0832679623 kontak.
Vriendelike groete
Mev. E. Bothma