Graag stel ons Hoërskool Bergvlam se VlamFest @OomBoom 2016 aan u bekend en rig ons hiermee aan u, as voornemende feesganger ʼn ope uitnodiging om u besigheidsvennote, werknemers, vriende en/of kennisse deel te maak van ʼn onvergeetlike Grootvuuroktoberfeeslapakuier.

Ons alombekende jaarlikse kuiergeleentheid is ʼn absolute móét op ieder en elke Laevelder se sosiale kalender. Vir 2016 beoog ons om nog beter en groter fees te vier as in die verlede met ʼn wildstafel, landgoedwyne, “craft beer on tap”, lewendige musiek, heerlike potjiekos en potbrode, smaaklike nagereg, feesgeskenke en vele meer.

Een van ons besliste doelstellings is daarop gerig om soveel moontlik van ons gemeenskap se mense en besighede betrokke te kry en te betrek by dié uitsoek geleentheid. Dit is van selfsprekend dat die geleenthede vir netwerk en bemarking legio is. Ons wil graag volgehoue kontak bewerkstellig, en daarop fokus om verhoudinge te vestig en uit te bou.

Ons skool is aktief besig met die vestiging van ʼn skoolmuseum asook opgradering van die Jan du Toit-skoolsaal. Ons vertrou dat die geleentheid ons van waardevolle bronne, geleenthede en kontakte sal verseker ten opsigte van die verkryging van die nodige fondse vir die daarstel van ʼn unieke fasiliteit wat aan die behoeftes van ʼn steeds groeiende leerlingtal beantwoord.

Voorts beoog ons om ʼn gedeelte van die opbrengs aan te wend ter finansiële ondersteuning van ons behoeftige sport en kultuur leerlinge om sodoende hul volgehoue ontwikkeling te verseker.

Ons oogmerk is om ʼn fantastiese geselligheid aan te bied wat die laeveld sal laat gons van tevredenheid.

Kortliks ʼn samevatting van wat u en u gaste kan verwag by hierdie geleentheid:

Dit alles word aangebied op die Hoërskool Bergvlam kampus en word gekenmerk deur uitstekende sekuriteit, parkering, skoon badkamers, beligting, heerlike kos, goeie musiek en vele meer teen ʼn koste van slegs R180-00 per persoon.

Skakel of epos ons gerus om u lapa, vrae of ander moontlikhede te bespreek.

 

Vriendelike groete

Mev A Kleynhans

Hoof