2020-03-31

Geagte Ouers

Soos u reeds bewus is, het daar baie gebeur sedert die skool gesluit het.  Baie vrae word gevra waarvan ons nie die antwoorde het nie.

Die skool word gerig en voorgeskryf deur die Regering en die Departement van Onderwys.  Sodra ons nuwe inligting ontvang, sal ons u dadelik daarvan verwittig.

Die skool het reeds begin om in sekere vakke ekstra inligting/werkstukke via verskeie sagteware platforms na die leerlinge te stuur.  Sommige personeellede het alreeds van die leerders gekontak en ander sal volg.  Dit is belangrik dat die werk gedoen word.  U is alreeds bewus van al die skakels (‘links’) op die Internet vir ekstra werk en inligtingstukke.  Gebruik dit asseblief!

Ons skool het ook ‘n Moodle Leerbestuurstels (eLearning) waarin van ons onderwysers al opgelei is en vakmateriaal gepos het.  Dit is egter belangrik dat alle leerders tot die stelsel moet inteken (‘inlog’) om toegang tot die vakinhoud te verkry.  Volg asseblief die skakel https://www.bergvlam.co.za/akademie/moodle-elearning.html en klik op die “Download: username & password” knoppie.  Elke leerder kan dan op die lys ingaan en sy/haar ‘inteken besonderhede’ daar kry.  Klik daarna op die “Link to/Skakel na: Moodle Bergvlam eLearning” knoppie en gebruik die ‘username’ en ‘password’ in kleinletters.  Die leerders kan ook die Moodle App aflaai op playstore en daarmee inteken met die URL link  http://dbemoodle.dedicated.co.za/bergvlam.  Indien ‘n leerder sukkel met die inteken kan hy/sy ‘n WhatsApp stuur, met die intekenbesonderhede, aan Mev. Fullard by 0790170405.

Die belangrikste om te onthou:  Al die werk waaroor eksamen geskryf gaan word sal behandel word.  Die verlore skoolure sal ingehaal word.  U as ouergemeenskap moet egter besef dat daar hard gewerk gaan word wanneer die skool weer begin.  Dis sal ‘n reuse spanpoging verg van almal betrokke!  Ons maak staat op u ondersteuning en samewerking hiervoor.

Geniet hierdie tyd saam met u gesin en gebruik dit ten volle.  In hierdie tyd van onsekerheid kan ons net op ons geloof staatmaak.

Alle eer aan God!

 

  1. Visser

HOOF