26 Maart 2018

Liewe Ouers

OMSENDBRIEF 6 – KWARTAAL 1

Neem asb. kennis van die volgende belangrike sake:

 

  1. KWARTAAL 1: VORDERINGSVERSLAE
  1. AFRIGTINGSKLINIEKE

Gedurende die vakansie woon die eerste rugbyspan die Danie Rossouw afrigtingkliniek te Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier by.  Die eerste hokkiespan woon ‘n afrigtingkliniek by Hoërskool Volksrust by.

Let asseblief daarop dat u kind nie op die bus kan klim indien die volledige verskuldigde bedrag nie by die skool inbetaal is nie.  Die skool kan onder geen omstandighede die onkoste dra nie.

Ons wens hierdie spanne ‘n veilige reis en uiters leersame afrigtingklink toe.

  1. Tatoeëermerke

Ons wys u graag op die volgende riglyne rakende tatoeëermerke:

  1. BETALING VAN SKOOLFONDS

Baie dankie aan al die ouers wat getrou hulle skoolfonds betaal.  Indien u agterstallig geraak het, of tans finansiële probleem ondervind, moet u onverwyld met die finansiële kantoor in verbinding tree.

  1. BUSREELINGS
    • Slegs voorgeskrewe skoolsweetpak, skool-, Vlammie- of eerstespandrag mag gedra word.
    • Tot en met 75km @ R30,00 en R50,00 vir verder ritte
  1. LEERDER AFWESIGHEDE

Die leerder afwesighede van die afgelope week is kommerwekkend.  Die sillabus se werkslading vereis van ons, as opvoeders, om skool te hou tot en met die dag dat die skool sluit op 28 Maart 2018.  Ons ondervind dat afgesien van die afwesighede, die leerders ook te maklik uitgeteken word.  Die werk wat in die klas afgehandel word, word selde of nooit deur die leerders ingehaal.  Die skolewet skryf voor dat die leerders elke dag die skool moet bywoon.

Ons verwys na 4.8 in die skooldagboek.  Dokters – en tandartsafsprake gedurende skoolure:  slegs NOODGEVALLE.  Te veel leerders word uitgeteken hiervoor.

Baie dankie aan al ons ouers wat deur die loop van hierdie uiters besige kwartaal hulle kinders getrou ondersteun het.  Die skool het groot waardering daarvoor.

Ons sien uit daarna om ons nuwe hoof, Mnr Deon Visser, en sy gesin volgende kwartaal amptelik by Hoërskool Bergvlam te verwelkom.

Mag u en u gesin ‘n welverdiende rustyd en ‘n heerlike vakansie geniet!

Vlammie – groete

 

MNR G.F. VAN DEN BERG

ADJUNKHOOF