06 Desember 2019

 

JAAREINDE GROETE  

 

 

Beste Ouers

 

 

KWARTAAL 4

 

 

Baie dankie aan almal wat deel was van Bergvlam in 2019.  Ons het ʼn geseënde jaar beleef.  Daar is op alle gebiede presteer.

 

 

Dankie aan elke leerder en ouer wat die ekstra myl geloop het vir die “Vlammies”.  Ook my dank aan elke onderwyser, administratiewe beampte en werker.  Bergvlam waardeer elkeen wat ʼn verskil gemaak het gedurende 2019!

 

  1. Personeel

Ons groet die volgende personeel:

  1. Smit –         Privaatsektor
  2. Koekemoer –         Privaatsektor

 

Ons beste wense vergesel hulle.

 

Ons verwelkom die volgende personeel wat by ons begin vir 2020:

  1. Boje – Afrikaans
  2. van Heerden – Engels

 

Ons sien uit om hulle hier te hê by Hoërskool Bergvlam.

 

  1. Skoolfonds 2020

Die skoolfonds vir 2020 is R22 600.00 goedgekeur op die ouervergadering gehou op 31 Oktober 2019.  Baie dankie aan almal wat teenwoordig was.  Ek doen ʼn beroep op al ons ouers om hul skoolfonds te betaal.  Baie dankie aan almal wat in 2019 betaal het.  Bergvlam kan nie dié gehalte onderwys gee sonder u bydrae nie.

 

  1. D6 Communicator

Al die skool se inligting word deurgegee op die Communicator. Maak seker u is geregistreer!

 

  1. Vorderingsverslag

Let asseblief op die volgende:

 

 

  1. Persoonlike Inligting

Indien u persoonlike inligting verander het moet u asseblief die skool kontak so dat ons dit op datum kan kry.  Stuur gerus na ontvangs@bergvlam.co.za.

 

 

6.       Klaskamers

Een van ons voortdurende uitdagings in 2019 was om 3 nuwe klaskamers vir die leerders te kry. Ons kon slegs daarin slaag om hierdie enorme uitdaging te oorkom, deur u kind se betaalde skoolgelde. Dit het ons daartoe in staat gestel om ten volle toegeruste klasse vir die Lewensoriëntering departement daar te stel.  Ek spreek dus my dank en waardering uit aan elke ouer wat hul kind se skoolfonds getrou betaal het.

 

 

  1. Toere 2020

Beplan sodat u seun/dogter die besonderse toere kan meemaak.  U sal vroegtydig inligting van die afrigters/organiseerders ontvang.

 

 

  1. Dissiplinêre Stelsel

Die stelsel is aangepas volgens nuwe wetgewing en voorskrifte vir 2020.  Maak seker dat u uself van die veranderinge wysig maak.  Dit is in die inligtingsboekie vir 2020 beskikbaar.

 

 

  1. Sokker / Rugbyveld

Die gras groei en ons is vol vertroue dat dit gereed sal wees vir gebruik in 2020.

 

 

10.      Skoolbanke – skoolterrein

Ek wil net elkeen bedank wat betrokke was by die erfenis- / kaskar dag wat ons in September gehad het. Dit was so ‘n reuse sukses dat ons 25 6-sitplek piekniekbanke met tien sementbanke kon aanskaf om meer sitplek vir ons leerders te maak.

 

 

 

 

 

 

  1. Ouerbetrokkenheid

Ek doen ʼn beroep op almal om in 2019 ten volle betrokke te raak by u kind se           aktiwiteite.  Woon dit by!  U sal sien watter verskil dit maak.

 

  1. Interhoër 2020

Bergvlam bied die byeenkoms tuis aan op die 22 Februarie 2020.  Daar word alreeds hard gewerk om dit ʼn reuse sukses te maak.  Ons glo en vertrou dat daar op u hulp en ondersteuning staatgemaak kan word.  Meer inligting sal in 2020 deurgegee word.

 

 

My dank aan almal met wie ek betrokke was gedurende 2019.  Dit is ʼn voorreg om ʼn Vlammie te wees!

 

 

Bergvlam wens elke Vlammie en sy gesin ʼn ware Christusfees toe.  Geniet die ruskans en kom veilig terug.

 

 

Vlammie – Groete

 

 

 

__________________

DEON VISSER

SKOOLHOOF

 

 

 

 

 

3