15 Julie 2019

Beste Ouers

 

OMSENDBRIEF 1 KWARTAAL 3

 

Neem asseblief kennis van die volgende sake:

 

  1. PERSONEEL

Baie geluk aan Mev. S. Potgieter met die geboorte van haar seun, SP.

Ook ons gelukwense aan Mnr. H. Golding wat die MP Veterane-span gehaal het vir skyfskiet.

Mnr. Q. Taljard (muurbal) en Mev. R. du Preez (tennis) met hulle Provinsiale kleure.

  1. OUERAAND: 25/07

Ons doen ʼn beroep op u om die oueraand te ondersteun.  Dit is noodsaaklik dat u met die vakonderwyser gesels oor u kind se prestasie.  Probleme moet vroegtydig geïdentifiseer word.

 

  1. GRAAD 9 VAKKEUSE INLIGTINGSAAND: 01/08

U kind se vakkeuse vir Graad 10 – 12 is van uiterste belang.  Om van die begin die regte  keuse te maak is tot u kind se voordeel.  Die aanlegtoetsuitslae sal aan u verduidelik word asook ʼn lys van moontlike vakke.

 

  1. GRAAD 12 REKORDEKSAMEN EN PAT: 26/08

U graad 12-kind moet nou reeds al begin voorberei het vir hierdie belangrike eksamen.  Die praktiese gedeelte wat 25% van die jaarpunt tel moet ook voltooi word op datums wat deur onderwysers bepaal word.  ʼn Versuim om die PAT te voltooi sal lei tot eksamenweiering.  Dit is Departementele beleid!

 

  1. SKOOLFONDS EN UITSTAANDE VAKGELDE

Baie dankie aan al ons ouers wat getrou betaal.  Die skool kan nie al die uitgawes dek en vooruitgaan sonder betaling van skoolfonds nie.  Daar is ook baie handboek-en vakgelde uitstaande.  Vereffen so spoedig moontlik.

 

  1. AFWESIGHEDE

Daar is nog steeds te veel leerlinge wat sonder wettige rede van die skool wegbly.  Die skool sal u verwittig indien leerlinge kan tuisbly. Doktersbriewe word verlang indien afwesig.

 

  1. SPORT

Daar was verskeie leerlinge wat uitgeblink het gedurende die vakansie:

Span gemaak.  Dan die besonderse prestasie waar sy tans derde in SA is met Solo-dans.

Baie geluk aan dié leerling!

 

In spanverband gaan dit ook goed.  Die o/15 en o/16 hokkie dogters het die naweek in die Mpumalanga finaal gespeel.  Ons is baie trots op julle en julle toewyding.

 

Die o/16 rugbyspan is Mpumalanga kampioene.  Hulle het teen Curro gespeel en baie mooi gewen. Die eindtelling was 46-8. Baie geluk.

 

Baie geluk aan dié drie spanne en baie dankie aan al die afrigters vir die opoffering van u persoonlike tyd.

 

  1. CATS

Dié uitstekende musiekblyspel word by die skool aangebied vanaf 15 – 18 Julie.  Die uniekheid van die blyspel is dat dit met professionaliteit in ons eie SKOOLSAAL aangebied gaan word.  Dit gaan voorwaar ʼn asemrowende geleentheid wees.  Kom geniet dit saam ons en ondersteun u kind.  Ondersteun ook die skool, al is u kind nie betrokke nie!  U sal die musikale produksie baie geniet.

My dank aan almal betrokke vir hul opofferinge!

 

  1. KWARTAALTOETSE / EKSAMEN

Daar gaan die kwartaal nie ʼn eksamen (Gr. 8 – 11) wees nie.  Daar gaan wel ʼn mini-eksamen wees wat strek van 04/09 tot 20/09 (skool sluit).  Kwartaaltoetse sal deur die  loop van die kwartaal plaasvind.  Die kombinasie van punte sal gebruik word vir die rapportpunt.  Die datums sal aan u deurgegee word.  Normale skool voor / na toetssessie!

 

Vlammie groete!

MNR DEON VISSER

HOOF