08 Desember 2017
Beste Ouers
KWARTAAL 4: OMSENDSKRYWE 4
‘n Terugblik op 2017 bewys weereens dat Hoȅrskool Bergvlam ‘n baie geseȅnde jaar beleef het. Ons leerders het weereens op akademiese, kulturele en sportgebied uitgeblink, en soos altyd het ons uitgereik na die nood in ons gemeenskap. Báie dankie aan elke leerder, en elke ouer wat deur die loop van hierdie jaar hul kant gebring het. Hoȅrskool Bergvlam het groot waardering vir elkeen wat ‘n verskil gemaak het in 2017!
Neem asseblief kennis van die volgende belangrike sake:
- ONS GROET
Hoȅrskool Bergvlam moet weereens personeel groet wat diep spore hier getrap het. Elkeen van hierdie personeellede was deel van die warm hartklop van Bergvlam, hulle was onlosmaaklik deel van ons leerders se daaglikse kom en gaan. Al word nuwe mense in hierdie personeellede se poste aangestel, sal hulle altyd ‘n baie spesiale plekkie in Hoȅrskool Bergvlam se hart hê. Ons beste wense vergesel die volgende personeellede:
- Sherryl Bierman tree welverdiend af na baie jare se getroue toewyding aan haar vak en haar leerders.
- Renata Stander gaan by haar man in Bahrein aansluit. Sy het ook ‘n pos daar aanvaar.
- Rista Coetzee gaan by haar man in Mosambiek aansluit en ‘n boervrou word.
- Jaco de Klerk het ‘n pos in Klerksdorp aanvaar en verhuis na die Noordwes-provinsie.
- Me Nozipho Lusenga verhuis na die Limpopo-provinsie.
- Loise Helberg het ‘n pos by Hoȅrskool Nelspruit aanvaar.
- VORDERINGSVERSLAE
Dit is belangrik dat u u kind se vorderingsverslag korrek interpreteer. Let asseblief daarom op die volgende:
- Indien u kind na die volgende graad oorgeplaas word, beteken dit u kind het nie die graad geslaag nie, maar is al vir 4 jaar in die huidige fase. Só ’n leerder word dan oorgeplaas na die volgende graad.
- Indien u kind in Graad 8 of Graad 9 is en daar ‘n *C langs u kind se Wiskundepunt staan, beteken dit u kind het nie Wiskunde geslaag nie, maar die punt word gekondoneer sodat u kind na die volgende graad oorgeplaas kan word. Dit is dus ‘n gekondoneerde slaag. Dit beteken ook dat ‘n Graad 9-leerder nie akademiese Wiskunde in Graad 10 kan neem nie, maar wel Wiskundige Geletterdheid.
- SKOOLFONDS 2018
- Baie dankie aan die groot aantal ouers wat die 2018 begrotingsvergadering bygewoon het. Die 2018 begroting is op hierdie vergadering goedgekeur.
- Indien u nie teenwoordig kon wees nie, kan u op D6 Communicator na die uiteensetting van die begroting gaan kyk.
- Neem asseblief kennis dat die debietorderstelsel vanaf 01 Februarie 2017 in werking tree
- Die bedrag van R19 500,00 is goedgekeur en is soos volg betaalbaar:
- Eenmalig voor 01 Maart 2018 (R1 500,00 korting) R18 000,00
- Maandeliks per kontant / internet / debietorder:
Januarie tot Oktober 2018: 10 paaiemente @ R1 950,00
- Maandeliks per kontant / internet / debietorder:
Januarie tot Desember 2018: 12 paaiemente @ R1 625,00
- Aangeheg by hierdie skrywe is ‘n debietordervorm wat u kan voltooi sou u van hierdie betaalwyse wil gebruik maak.
- Tref asseblief heel aan die begin van die jaar reȅlings met die finansiȅle kantoor indien u finansiȅle probleme ervaar. Bestuur eerder u situasie in plaas daarvan om die probleem te vermy.
- Daar kan slegs vir korting aansoek gedoen word tot en met 31 Maart 2018.
- TWEEDEHANDSE KLEREWINKEL
- Die skool se tweedehandse klerewinkel sal reeds op Vrydag, 12 Januarie 2018 oop wees.
- Indien u nie nuwe skoolklere kan bekostig nie, is daar tweedehandse skooldrag in ‘n baie goeie toestand beskikbaar. Maak gerus gebruik van hierdie opsie.
- RUITPLAKKERS
- Die 2018 ruitplakkers sal by die skool beskikbaar wees vanaf Maandag, 15 Januarie 2018.
- Koop sommer u ruitplakker op die heel eerste dag by die hoofhek / finansiȅle kantoor. Voorkom daardeur die irritasie om telkens in en uit te teken by die toegangshek.
- MOTORS EN MOTORFIETSE
- Indien u kind so bevoorreg is om per motorfiets / motor skool toe te kom, móét die nodige toestemmingsvorm by Ontvangs voltooi word en u kind se motorfiets- / bestuurderslisensie getoon word.
- ‘n Leerder met slegs ‘n leerlinglisensie sal onder geen omstandighede toestemming kry nie.
- U kind sal ‘n toestemmingsbewys ontvang wat hy / sy daagliks by hom / haar móét hê.
- Sou u kind met ‘n motorfiets / motor op die terrein kom sonder toestemming, sal die sleutels gekonfiskeer word en u verontrief word om die motor / motorfiets van die terrein af te kom verwyder.
- Sou u kind onverskillig bestuur op die terrein, of die spoedgrens oorskrei, sal die toestemming summier gekanseleer word.
- SKOOLDRAG
- Let asseblief daarop dat die meisies se seniordrag verander het. Let asseblief daarop dat die romp net bokant die knie sit. Die romp het ‘n ander snit as die ou rompe.
- Die voorgeskrewe skoen by seniordrag is ‘n donkerblou hofskoen. Hierdie skoene is beskikbaar by Shoe City by I’langa Mall, Green Cross by Riverside Mall en by Dino Sport. Moet asseblief nie enige modeskoen met uitermate hoȅ hakke koop nie, ook nie ‘pumps’ nie, en beslis ook nie blinkleerskoene nie. Slegs die hofskoen is voorgeskryf.
- Die seuns se langbroeke wat by die eerstespandrag gedra word, is SLEGS ‘n Baron chino in die kleur ‘stone’. Géén ander modetipe broek mag gedra word nie!
- MATRIEKUITSLAE
Die skool sal ‘n sms stuur en op Communicator bekend maak wanneer die Onderwysdepartement die skool in kennis stel van die spesifieke datum waarop die matriekuitslae beskikbaar sal wees. Vermoedelik sal dit in die omgewing van 08 Januarie 2018 wees.
- MY SCHOOL- EN MAKRO-KAARTE
Vind asseblief ingeslote aansoekvorms vir My School- en Makro-kaarte. Indien u nog nie oor so ‘n kaart beskik nie, vul asseblief die vorms in en gebruik u kaart tot die skool se voordeel wanneer u by die toegewysde winkels koop. Die skool verdien op ‘n gereelde basis ‘n handige ekstra inkomste afhangende van hoeveel ouers maandeliks hierdie kaarte gebruik. Ons waardeer u samewerking in hierdie verband.
- D6 COMMUNICATOR
Indien u nog nie op D6 Communicator geregistreer het nie, moet u dit onverwyld doen. U kan alle inligting op Communicator bekom. Hierdie inligting word daagliks opgedateer. Wees ‘n ingeligte ouer en registreer soos volg: Google D6 Communicator en volg die instruksies – so maklik soos dit!
Ingesluit in u PNA Crossings-koevert is die nodige inligtingsdokumentasie om gereed te wees vir die aanvang van 2018! Die verkorte kwartaalprogram word ook ingesluit en sal op Communicator beskikbaar wees.
Hoȅrskool Bergvlam wens elke Valmmie-gesin ‘n ware Christusfees toe! Geniet ‘n welverdiende ruskans en reis veilig!
Hartlike Bergvlam-groete
ANNEMARIE KLEYNHANS
HOOF