30 Oktober 2017
Beste Ouers
KWARTAAL 4: OMSENDSKRYWE 2
- GOEDKEURING: BEGROTING 2018
- Neem asseblief kennis dat die ouervergadering t.o.v. die goedkeuring van die 2018 begroting op Dinsdag, 21 November 2017 om 18:00 in die skoolsaal sal plaasvind.
- Woon asseblief hierdie vergadering by sodat u uself van die skool se finansiȅle situasie en die vooruitsigte vir 2018 kan vergewis.
- Die 2018 begroting moet ook tydens hierdie vergadering deur die ouers goedgekeur word.
- WYSIGINGSWETSONTWERP OP ONDERWYSWETTE
- Die Departement van Basiese Onderwys het ‘n hele aantal voorstelle gemaak t.o.v. wysigings van die wetsontwerp op onderwyswette.
- Indien van hierdie wysigings deurgevoer word, gaan dit verrykende gevolge vir die outonomiteit van beheerliggame tot gevolg hê.
- Die skool se beheerliggaam gaan kommentaar lewer. Dit staan u egter vry om self ook kommentaar te lewer deur op die FEDSAS- webwerf in te gaan: fedsas.org.za
Bergvlam groete
Annemarié Kleynhans
Hoof