30 Junie 2017
Beste Ouers
KWARTAAL 2: OMSENDSKRYWE 4
Neem asseblief kennis van die volgende belangrike sake:
- 1. ONS GROET…
Die lewe loop dikwels met ‘n mens onverwagse draaie, en bring nuwe geleenthede op ‘n mens se pad. Dit gebeur dan ook dat ons van tyd tot tyd moet afskeid neem van spesifieke personeellede. Die volgende onderwysers se paaie skei van dié van Hoȅrskool Bergvlam van die einde van hierdie kwartaal af:
- Mnr JP Erasmus het ‘n pos by St Peters School aanvaar.
- Mev. Melaine Pienaar gaan by Impak betrokke raak.
- Mev. Lianie Cronje se man het ‘n pos in Middelburg aanvaar, sy kon gelukkig ‘n pos by HTS Middelburg kry.
Hiermee sȇ ons vir elkeen van hierdie 3 personeellede uit ons hart dankie vir die rol wat hulle by Hoȅrskool Bergvlam in ons leerders se lewens gespeel het. Die spore wat hulle hier getrap het, is ingeȅts in die harte van elke kind in wie se lewe hulle ‘n verskil gemaak het! Ons wens hulle alles van die beste toe in hul nuwe werksomgewing.
2. ANAïS: INNIBOS-WEEKKAARTJIE EN BEURSTOEKENNINGS
- Anaïs, ambassadeur vir Life Line, het ons skool besoek net voordat die Junie-eksamen begin het.
- Sy tree ook by Innibos op, dus moes die leerders tydens haar optrede haar op sosiale media ‘like’. ‘n Gelukkige trekking is gedoen, en die skool is vandag in kennis gestel dat Marco Belo in Graad 10 die gelukkige wenner van ‘n weekkaartjie vir Innibos en ‘n DVD van Anaïs is!
- Die gelukkige Graad 11/12 leerder wat ‘n beurs vir verdere studies sal ontvang, word tydens haar optrede by Innibos op Donderdag, 06 Julie 16:30 – 17:30 by die Arena-verhoog aangekondig. Leerders, wat aansoeke ingevul het, moet tydens haar vertoning aanwesig wees.
3. INNIBOS-STRAATPARADE
- Veertig van ons Graad 8 en Graad 9 leerders neem Woensdag, 05 Julie aan die Innibos- straatparade deel.
- Hierdie groep leerders moet ‘n denim, en swart/donkerblou T-hemp met gemaklike stapskoene dra. Hulle ontvang ‘n papierhoed met hulle aankoms.
- Leerders moet reeds om 07:30 by die onderdak parkering van Food Lover’s Market rapporteer. Die parade, bestaande uit vlotte en 700 paradeerders, begin om 10:00. Die roete word deur die dorp beplan, verby Absa Square, af met Piet Retiefstraat en eindig by Lowveld High School (omtrent 3 kilometer) om 12:00. Daar is ‘n waterpunt langs die pad en verkeerbeheer.
- Leerders sal etes en sakgeld ontvang. Hulle ontmoet Mev. Mandy Barnard by die Lowveld High tennishuisie na afloop van die parade om hulle geld te ontvang.
4. MAKRO-KAART
- Wanneer u weer Makro besoek, kry asseblief ‘n Makro-kaart by die inligtingstoonbank en koppel dit aan Hoȅrskool Bergvlam.
- Elke keer wanneer u iets by Makro koop, en die kaart geskandeer word, dra dit by tot ‘n ekstra geldjie wat die skool aan die einde van die maand ontvang.
- Dit gaan hoegenaamd nie oor die bedrag wat spandeer word nie, maar oor hoeveel keer Begvlam-gekoppelde kaarte geskandeer word.
5. MY SCHOOL-KAART
Doen asseblief om dieselfde rede aansoek vir u MySchool-kaart by https://www.myschool.co.za/supporter/apply/. Kies Hoȅrskool Bergvlam as u begunstigde en kom ook op hierdie manier in aanmerking vir afslag op verskeie produkte.
6. D6 COMMUNICATOR
- Die skool maak van D6 Communicator gebruik om inligting, nuusbriewe, belangrike nuus, uitslae en afbakenings op ‘n vinnige en effektiewe manier aan ouers en leerders bekend te stel.
- D6 Communicator is ‘n veilige manier om al hierdie inligting dadelik na u selfoon of rekenaar te stuur.
- Registreer soos volg:
ü Windows Desktop
- Besoek www.d6technology.com/downloads/school
- Kies Hoȅrskool Bergvlam uit die lys aan die linkerkant.
- Druk die ‘windows’-knoppie
- Wanneer gevra word “Run or save”, kliek “save” en daarna “run”.
- Volg dan die installasie-aanwysings.
ü Selfoon
- ‘n ‘Mobi site’ is geskep wat op enige selfoon werk.
- Besoek http:www.schoolcommunicator.mobi/
- Registreer en ‘log’ in met ‘username’ en ‘password’.
7. MA-EN-DOGTER OGGENDTEE
- Elke matriekma en haar matriekdogter moet asseblief 09 Augustus 2017 van 09:00 tot 12:00 reserveer.
- Hierdie baie besondere oggendtee, wat vir lank gekoester sal word, kos slegs R150,00 vir ma en dogter gesamentlik.
- Navrae: Mev. Jolanda Nel by (013) 741-1026
8. OPDATERING: KONTAKBESONDERHEDE
- Ons herinner u daaraan dat u asseblief die skool onverwyld in kennis moet stel indien u selfoonnommer en/of epos-adres verander.
9. SKOOLFONDS
- Ons spreek ons hartlike dank uit teenoor elke ouer wie se skoolfonds vooruit of op datum betaal is. Die skool kan nie funksioneer sonder u bydraes nie.
- Baie dankie ook aan al die ouers wat finansiȅle uitdagings ervaar en reeds met die finansiȅle kantoor in verbinding getree het om reȅlings te tref.
- Indien u finansieel swaarkry, en nie u skoolfondsverpligting tans kan nakom nie, moet u asseblief onverwyld met die finansiȅle kantoor kontak maak sodat ‘n reȅling getref kan word. Sodoende vermy u verdere stappe wat teen u geneem kan word.
10. WINTER- EN LENTESKOOLGELDE
- Ouers van matriekleerders wat die winter- en lenteskool bywoon, en nog nie daarvoor betaal het nie, moet asseblief ook hul verpligting onverwyld nakom.
- U kind kan nie die klasse bywoon sonder dat u betaal het, of alternatiewe reȅlings getref het nie.
Mag u en u gesin ‘n heerlike wintervakansie beleef, en behoorlik rus, volgende kwartaal is baie kort, maar ongelooflik vol en besig!
Hartlike Bergvlam-groete!
ANNEMARIÉ KLEYNHANS
HOOF