02 Februarie 2018
Beste Ouers
KWARTAAL 1: OMSENDSKRYWE 2
Hoȅrskool Bergvlam bring graag die volgende belangrike sake onder u aandag:
- PERSONEELAANGELEENTHEDE
- Angelique Killian en haar man immigreer na Nieu-Zeeland, dus
moes sy bedank.
- Die skool was gelukkig om onmiddellik die dienste van Mev. Tanya
Moolman te bekom. Ons verwelkom die Moolman-gesin in Nelspruit,
asook in die Bergvlam-familie.
- Yone du Plessis se omstandighede het haar genoodsaak om te
bedank. Op hierdie stadium ondervang die ander personeel haar Graad 8 en Graad 9 Engels Huistaalklasse. Tale onderwysers is uiters skaars. Indien u weet van ‘n beskikbare Engels Huistaal onderwyser, kontak asseblief die hoof onverwyld deur ‘n e-pos te stuur aan hoof@bergvlam.co.za.
- ROOSTERVERANDERINGS
Die rooster moes ongelukkig twee keer verander word a.g.v. die volgende redes:
- Yone du Plessis se skielike bedanking het veroorsaak dat Mev. Blom die 2 Graad 12 Engels Huistaalgroepe moes oorneem. Ten einde dit in haar rooster in te pas, moes die rooster ongelukkig verander.
- Die vak Ingenieurs Grafika en Ontwerp het uitermate gegroei. Nuwe leerders het die getalle heelwat verhoog, dus moes nog ‘n ekstra groep in Graad 10 geskep word. Dit het ook ‘n verandering op die rooster veroorsaak.
- AANSOEKE T.O.V. SKOOLFONDSKORTING EN –VRYSTELLING
- Indien u ernstige finansiȅle probleme ervaar en aasoek moet doen vir skoolfondskorting- of vrystelling, moet u dit asseblief onverwyld doen.
- Die sluitingsdatum vir hierdie aansoeke is weliswaar eers 30 April 2018, maar hoe gouer u aansoek doen, hoe gouer het u gemoedsrus. Ons moet hierdie jaar streng by die Beheerliggaam se finansiȅle beleid hou, dus kan ons nie enige aansoeke na 30 April aanvaar nie.
- Onthou dat u ook van ‘n debietorderstelsel gebruik kan maak om u skoolfonds maandeliks af te betaal. Vorms is by die Finansiȅle kantoor beskikbaar.
- KOSPAKKIE-PROJEK
- Baie dankie vir die 2 ma’s wat dadelik gereageer het, en reeds kospakkies vir pouse aan ons behoeftige leerders voorsien.
- Ons kort egter nog DRIE MA’S wat bereid sal wees om te help. Sodoende het elke ma dan slegs EEN DAG PER WEEK om kospakkies te verskaf.
- Kontak asseblief vir Mev. Jolanda Nel onverwyld deur die skool te skakel of ‘n e-pos te stuur aan jolanda@bergvlam.co.za.
- WATERPROJEK
- U sal onthou dat die skool in die verlede BAIE ruim bygedra het tot die Beaufort-Wes waterprojek.
- Daar was ‘n versoek van die Bergvlam-leerders dat ons ‘n soortgelyke projek vir Kaapstad moet loods.
- Die skool besef dat so ‘n projek vir Kaapstad baie meer omvangryk is. Tans skakel die hoof met 2 skole in Kaapstad om uit te vind wat hul waterbehoefte is. Sodoende kan ons verligting by ten minste 2 skole bring.
- Ons het ‘n vervoermaatskappy wat bereid is om die water Kaapstad toe te vervoer.
- Indien u solank gebottelde, verseelde water in 5 liter en groter houers skool toe wil stuur, sal dit opreg waardeer word.
- Die skool sal u op hoogte hou t.o.v. die reȅlings.
- INTERHOȅRKAARTJIES
- Interhoȅrkaartjies is reeds by die Finansiȅle kantoor tydens kantoorure beskikbaar teen R50,00 vir volwassenes, sowel as kinders. Parkeerkaartjies is teen R20,00 beskikbaar. Kom koop asseblief so gou moontlik u kaartjies, aangesien ons ekstra kaartjies binne die volgende 2 weke moet teruggee aan Hoȅrskool Rob Ferreira.
Opregte Bergvlam-groete
ANNEMARIÉ KLEYNHANS
HOOF