13 Februarie 2017
Beste Ouers
KWARTAAL 1 – OMSENDSKRYWE 3
Neem asseblief kennis van die volgende belangrike sake:
1. MINI-EKSAMEN KWARTAAL 1
- Vind asseblief aangeheg die mini-eksamenrooster vir Kwartaal 1.
- As gevolg van die Step Out-opvoering vanaf middel Maart, skryf die leerders twee vakke per dag.
- Die skooldag word, gedurende hierdie tydperk, soos volg ingeklee:
- Eksamensessie 1
- Pouse
- Eksamensessie 2
- Pouse
- Wintersportoefening, sowel as Step Out-oefening
- Leerders, wat nie aan sport of Step Out deelneem nie, bly in die klas
- en leer vir die volgende dag se toetse.
- Wanneer die skool om 13:30 uitkom, is daar GEEN buitemuurse aktiwiteite nie. Leerders kan dus sonder onderbrekings al hul aandag aan hul studies wy
- Let wel: op beide Vrydae is daar slegs EEN SESSIE. Na afloop van hierdie sessie is dit ‘n gewone skooldag.
- Moet asseblief nie u kind onnodiglik kom uitteken gedurende hierdie tydperk nie.
- Indien u kind te siek is om te kom eksamen skryf, is u kind VERPLIG om ‘n DOKTERSBRIEF in te handig.
2. PROGRAM VIR DIE WEEK 13 FEBRUARIE – 17 FEBRUARIE
- Vind asseblief aangeheg die program vir hierdie week.
- Vrydag, 17 Februarie is ʼn pretdag vir die hele skool, behalwe die atlete.
- Leerders, wat nie deel van die geesspan is nie, betaal R20,00 om aan die pretdag deel te neem.
- Die skool sal om 12:00 verdaag.
- Interhoȅrkaartjies: Alle oorblywende toegangskaartjies word Woensdag, 15 Februarie teruggeneem Barberton toe. Indien u nog nie kaartjies gekoop het nie, moet u dit dus onverwyld doen.
3. INTERHOȅR – SATERDAG 18 FEBRUARIE
- Busse vertrek stiptelik om 05:00. U kind moet reeds om 04:45 in die bus sit.
- Busgeld beloop R30,00.
- U kind moet genoeg sonblok aansmeer EN saamneem.
- GééN LID VAN DIE GEESSPAN KAN SATERDAG DIE GEESSPAN IN DIE STEEK LAAT NIE! SORG ASSEBLIEF DAT U KIND BETYDS IS.
- Die busse behoort teen 18:30 terug te wees by die skool.
- WEES ASSEBLIEF BETYDS OM U KIND TE KOM OPLAAI!
- Dit is in die eerste plek onregverdig teenoor u kind om te verwag dat u kind, na ‘n baie lang dag, moet sit en wag terwyl die oorgrote meerderheid huis toe gaan.
- In die tweede plek is dit uiters onbillik om van die onderwysers te verwag om u kind op te pas totdat u besluit om u kind te kom oplaai. Die afgelope paar Saterdae moes die toesigpersoneel vir meer as ‘n uur wag voordat sekere ouers hulself verwerdig het om hul kind/ers te kom oplaai!
- Baie dankie aan elke ouer wat elke keer betyds hul kind/ers kom oplaai. Die personeel het groot waardering daarvoor!
Bergvlam-groete
ANNEMARIÉ KLEYNHANS
HOOF