06 Februarie 2017
Beste Bergvlam-ouers
KWARTAAL 1: OMSENDSKRYWE 2
Die volgende sake is van belang:
- GESKIEDENISONDERWYSER – 8ste VAK
- Mev Madelein Berg het reeds vir die afgelope 3 jaar Geskiedenis as agtste vak vir ons Graad 11 en hierdie jaar vir ons Graad 12 leerders aangebied. Sy is ongelukkig onverwags oorlede.
- Indien u weet van ‘n persoon wat ons kan nader om voort te gaan met die onderrig van Geskiedenis as ekstra vak vir 8 Graad 11-leerders en 5 Graad 12-leerders, laat weet asseblief vir die hoof, Mev. Kleynhans, so gou as moontlik.
- Die beplanning vir die hele jaar was reeds deur Mev. Berg gedoen.
2. BORGE VIR ASTRO-HOKKIEBAAN
- Krugersdorp High School vervang hul astro-hokkiebaan. Ons was so gelukkig om helfte van die baan wat nou uitgehaal word, teen ‘n uiters billike prys te bekom.
- Ons kon hierdie geleentheid nie deur ons vingers laat glip nie! Die astro- stroke is boonop reeds hierdie naweek afgelewer. Die grootste uitdaging is egter die insit van hierdie astro-baan.
- Indien u weet van borge wat ons kan nader vir die lê van die astro, kontak asseblief vir Mev. Kleynhans onverwyld, aangesien die beraamde koste daarvoor R77 000,00 beloop.
- Die bedrag ís baie hoog, maar dit sluit al die spesifikasies wat met die lê van astro gepaard gaan, in.
- Die skool kan nie hierdie uitgawe absorbeer nie, maar vir ‘n borg is die advertensiespasie vir die opsit van ‘n bord baie goeie blootstelling.
- Indien u, as ouer, die kennis het om ons te help met die lê van die astro, sal ons dit baie waardeer. Sodoende kan ons heel waarskynlik ook baie geld spaar.
- Ons kan nie hierdie geleentheid by ons laat verbygaan nie! Dit is vir ons hokkiespannie van onskatbare waarde!
3. GoFocus
- Die meeste van ons ouers is reeds bewus van die GoFocus ouervergadering op Woensdag, 08 Februarie om 18:00 in die personeelkamer.
- Indien u nie ‘n persoonlike uitnodiging ontvang het nie, maar bekommerd is oor u kind se leesvermoȅ en gebrek aan akademiese prestasie, kan u hierdie vergadering nie misloop nie.
- Mev. Freda Grobler sal u volledig inlig oor die inhoud van die GoFocus- program sodat u ‘n ingeligte besluit kan neem om u kind se prestasievlakke te verbeter.
Bergvlam-groete
ANNEMARIÉ KLEYNHANS
HOOF