13 Januarie 2017

 

Beste Ouers

 

KWARTAAL 1: OMSENDSKRYWE 1

 

Baie welkom terug aan elke Bergvlam-gesin!  Ons hoop dat dit vir elke gesin ‘n geseȅnde en vreugdevolle jaar sal wees.  Die Hoȅrskool Bergvlam-familie sluit in onderwysers, leerders én ouers, voorwaar ‘n gedugte span vir 2017!

Neem asseblief kennis van die volgende belangrike sake:

 

  1. 1.      NUWE PERSONEEL AANSTELLINGS EN NUWE LEERDERS

ü  Dit is vir Hoȅrskool Bergvlam ‘n aangename voorreg om die volgende personeellede hartlik welkom te heet.  Ons glo dat ons ‘n lang pad saam met hulle sal stap:

Me Esmarie van den Berg         Wiskunde Gr 9

Mnr Quinten Taljard                    Wiskundige Geletterdheid Gr 11 &

                                                         Tegniese Wiskunde Gr 10

Me Nozipho Lusenga                 Mathematics, Natural Science &

                                                         Creative Arts Gr 8 & Gr 9

Mev. Lianie Cronje:                     Afrikaans Huistaal Gr 8 & Gr 10 en                                                       

Afrikaans Addisionele Taal Gr 9

Mnr. Joubert Jankowitz:            Afrikaans Addisionele Taal Gr 11 & Engels Addisionele Taal Gr 8

Mev. Melaine Pienaar:                Lewensoriȅntering Gr8, 10, 11 & 12

Mev. Debbie Larsen                    Finansiȅle beampte

 

–  Baie welkom aan al ons nuwe Graad 8-leerders en hul ouers.  Ons glo dat ons en u, as ouers, ‘n hegte band oor die volgende 5 jaar sal vorm.  Raak asseblief betrokke by die skool se aktiwiteite en ondersteun u kind in alles waaraan hy / sy deelneem.

–  ‘n Hartlike woord van welkom ook aan ons nuwe leerders in ander grade en hul ouers.  Laat asseblief u kind by die verskillende aktiwiteite inskakel sodat hy / sy spoedig deel van die skool se hartklop kan word.

 

  1. 2.      GRAAD 12 2016 UITSLAE

–   Hoȅrskool Bergvlam is met reg trots op die puik uitslae van die 2016 matriekgroep.  Met ‘n 99,5% slaagsyfer is ons steeds een van die top skole in die provinsie!

–  Een van ons matriekleerders, Michelle Kasa, tel ook onder die toppresteerders in Mpumalanga.  Sy ontvang daarvoor ‘n volle beurs van die Mpumalanga Regering.

–  ‘n Totaal van 129 onderskeidings is behaal, en 51% slaag met universiteitstoelating.

 

  1. 3.      WERKSETIEK EN ONDERSTEUNING

–  ‘n Leerder met ‘n sterk sin vir self-dissipline en hoȅ vlakke van werksetiek, sal ongetwyfeld ‘n sukses van sy / haar toekoms maak.  U kind het egter u hulp, leiding en ondersteuning in hierdie verband nodig.

–  Die nie-inhandiging van take en opdragte is ononderhandelbaar!  Alle take en opdragte móét ingehandig word op die geskeduleerde datum.  Help u kind asseblief met effektiewe tydsbestuur.

–  Moet asseblief ook nie u kind onnodig by die huis hou nie.  U kind mis ‘n VOLLE dag se klaswerk, wat moeilik ingehaal word.  Al stel u die skool telefonies in kennis dat u kind siek is, móét u steeds ‘n afwesigheidsbrief saam met u kind skool toe stuur wanneer u kind terugkom.

 

  1. 4.      DATUMSKUIWE

Aangesien die Ehlanzeni Distrik se Graad 12-prysuitdelingsfunksie  Dinsdag, 17 Januarie om 12:00 by die skool gehou word, raak dit die volgende:

 

  1. 5.      MEISIES SENIORDRAG EN ATLETIEKDRAG

 

  1. 6.    BERGFIETSKLUB

 

  1. 7.    VERLENGDE SKOOLURE  –  GRAAD 10, 11, 12

 

  1. 8.    SORTPERIODES

 

  1. 9.      SKOOLFONDS EN VERBRUIKERSFOOIE

–  Báie dankie aan elke ouer wat reeds die jaar / kwartaal se skoolfonds vereffen het.  Veral so aan die begin van die jaar help dit baie.

–  U kan soos volg betaal:

Januarie tot Oktober 2017                                               R1 800

Januarie tot Desember 2017                                           R1 500

 

–  Indien u in ‘n finansiȅle knyptangsituasie verkeer tref asseblief onverwyld reȅlings met die finansiȅle kantoor en voltooi dadelik ‘n  kortingaansoekvorm.  Hoe gouer u hierdie reȅling tref, hoe gouer het u gemoedsrus.

–  Verbruikersfooie en werkboekgelde moet asseblief teen die einde van Januarie vereffen word.  Indien u dit nie kan bybring nie, moet ‘n skriftelike reȅling met die vakonderwyser getref word.

–  By vakke met ‘n praktiese komponent sal leerders nie met die prakties kan begin indien die verbruikersfooie nie betaal is nie.

 

  1. 10.   UITTEKENVERSOEKE

 

  1. 11.   TWEEDEHANDSE  KLEREWINKEL

 

  1. 12.   GRAAD 8-SPANBOU

–  Die Graad 8-spanbou is gewoonlik ‘n heerlike dag vol pret.

–  Al reȅn dit, gaan ons steeds voort!

–  Onthou om ou klere aan te trek, en genoeg sonblok in te pak.

 

  1. 13.   RUITPLAKKERS

–  Die 2017 ruitplakkers is by die hoofingang by sekuriteit en by die finansiȅle kantoor beskikbaar teen R20,00 elk.

–  U spaar uself baie moeite deur ‘n plakker te koop.  Indien u dit nie doen nie, sal u ongelukkig elke keer by die hek moet inteken.

 

  1. 14.   WEB, D6 COMMUNICATOR, SELFOONTOEPASSING

–  Al die inligting wat u verlang is op die skool se webblad beskikbaar.

–  Registreer op D6 Communicator sodat u daagliks ingelig kan word oor noodsaaklike inligting.

–  Maak gebruik van die skool se toepassing (app) op ‘playstore’ om op hoogte te bly met gebeure by die skool.

–  Volg ons asseblief ook op Face Book en Twitter

 

  1. 15.   INNIBOS-STEM

–  Hoȅrskool Bergvlam en Innibos is sinoniem met mekaar.  Innibos is weereens genomineer as een van die beste kunstefeeste.

–  Kom ons ondersteun hulle deur vir hulle te stem op http://kyknetfiestas.co.za/

 

Hartlike Bergvlam-groete

Annemarié Kleynhans

Hoof