25/02/2021

Liewe Ouers

KWARTAAL 1 OMSENDBRIEF 2

Neem asseblief kennis van die volgende belangrike sake.

1. 2020 GRAAD 12 UITSLAE
Baie geluk aan die klas van 2020 met u uitstekende uitslae en aan die onderwysers vir u harde werk. Met ons slaagsyfer van 98,3% is ons weer een van die topskole in Mpumalanga. Van die 176 leerlinge het 130 onderskeidings behaal en 126 leerders slaag met universiteitstoelating.
2. GRAAD 11 LEERDERS
Al die graad 11 leerders moet vanaf Maandag 1 Maart elke dag die skool bywoon. Hulle groepe word weer een. Al die regulasies en prosedure vir Covid sal geld. Leerders en ons personeel se gesondheid kom eerste. Ons wil op ons graad 11 leerders se akademie fokus en genoeg geleentheid skep vir verbeterde prestasies.

3. SKOOLFONDS EN VERBRUIKERSFOOIE
Dankie aan die ouers wat getrou hulle skoolfonds betaal. Indien u ʼn probleem ondervind, kontak onverwyld die finansiële kantoor. Vak-, boek- en sentrumgeld moet asseblief vroegtydig betaal word. Dit is afsonderlik van skoolfonds. U samewerking in die verband word waardeer.

• Indien u finansieel noustrop trek, tref asseblief reëlings met die finansiële kantoor en voltooi so gou moontlik ʼn kortings- / kwytskeldingsaansoek.
• Verbruikersfooie en werkboekgelde moet asseblief teen die einde van Maart vereffen wees. Indien dit nie vir u moontlik is nie, moet u sonder versuim ʼn skriftelike reëling met die vakonderwyser tref.
• By vakke met ʼn praktiese komponent, sal leerders nie met die prakties kan begin alvorens die verbruikersfooie vereffen is nie.

4. UITTEKENPROSEDURE
• Indien dit totaal onvermydelik is om u kind gedurende die akademiese dag te kom uitteken, moet u ʼn skriftelike versoek saam met u kind skool toe stuur.
• Hierdie versoek word soggens voor skool / in voogperiode deur u kind by ontvangs ingehandig. U kind sal dan ʼn toestemmingsbrief ontvang om die klas op die geskeduleerde tyd te verlaat. U haal u kind dan by ontvangs af sonder dat die klas onnodig gesteur word.
• Sou u net by die skool opdaag om u kind te kom haal, en nie ʼn brief saamstuur nie, sal u kind ongelukkig eers aan die einde van daardie periode uit die klas geroep word.
• NIEMAND sal toegelaat word om u kind sonder u toestemming uit te teken nie. Indien dit vir u onmoontlik is om u kind self te kom haal, móét u self by ontvangs reël presies wie die persoon is wat u kind kom haal.

5. VLAMMIE BOUTIQUE – TWEEDEHANDSE KLEREWINKEL
• Mev. Jacolien Neethling bedryf die tweedehandse klerewinkel vir die skool.
• Sy is van Maandag tot Vrydag beskikbaar tussen 10:00 en 11:00.
• Skooldrag in uitstekende toestand, is hier beskikbaar teen uiters billike pryse.

6. GRAAD 8-SPANBOU
• Die graad 8 spanbou sal op Saterdag 6 Maart 2021 op die rugbyveld plaasvind. Die Graad 8-spanbou is gewoonlik ʼn heerlike dag vol pret.

Vir enige verdere navrae, stuur asseblief ʼn e-pos aan aletia@bergvlam.co.za of ʼn WhatsApp na 0714448147.

7. SPORT / KULTUUR
Die infasering van sport en kultuur gaan begin en die programme sal binnekort deur gestuur word. Hou al die sosiale media dop vir die inligting.

Hartlike Vlammie-groete
DEON VISSER
HOOF