16/03/2020
Liewe Ouers / Dear Parents
KWARTAAL 1 OMSENDBRIEF 2 / QUARTER 1 CIRCULAR 2
Neem asseblief kennis van die volgende belangrike sake / Please take note of the following important matters:
- INTERHOëR 2020 / INTERHIGH 2020
Baie dankie aan almal wat ʼn aandeel gehad het in die aanbied van ons Interhoër. Die ouers wat by die hekke en stalletjies diens gedoen het, asook die wat gehelp het met borge. Ons opregte dank. Dit was ʼn reuse sukses!
Thank you to everyone who took part in the success of Interhigh. All the parents who helped at the gate and stalls as well as to all our sponsors, a sincere thank you. It was a huge success!
- KWARTAAL 2 BEPLANNINE / QUARTER 2 PLANNING
Soos u reeds weet begin die skool op 14 April 2020. Daar gaan uitgestelde toetse wees wat afgehandel moet word op die volgende dae:
14 April 2020: Gr 10 RTT (Prak)
Gr 11 Toerisme
Gr 12 LO
15 April 2020: Gr 10 IGO
Gr 11 RTT (Prak)
Gr 12 Geo
Die twee dae sal soos gewone toetsreeks hanteer word. Die skool se normale klasse sal voortgaan. Ons begin met Siklus 1, Dag 1 op Dinsdag 14 April 2020.
Die nodige prosedure sal gevolg word om die skoolkalender formeel te wysig om die verlies van nege dae skoolopleiding op te vang. Om die akademiese, program te herstel, word die vakansie in Junie 2020 met sewe skooldae verkort en die vakansie van September 2020 met twee skooldae verkort. Ons waardeer u samewerking byvoorbaat. Ons vra dat u asseblief die D6 deurlopend sal raadpleeg in die tydperk vir enige opdaterings asook die toetsrooster. Ons sal u op hoogte hou deur middel van die D6 en sms boodskappe.
As you already know, the school will begin on 14 April 2020. There are delayed tests to be completed on the following days:
14 April 2020: Gr 10 CAT (Prac)
Gr 11 Tourism
Gr 12 LO
15 April 2020: Gr 10 EDG
Gr 11 CAT (Prac)
Gr 12 Geo
The two days will be treated like regular test series days. The school’s normal classes will continue afterwards. We will begin with Cycle 1, Day 1 on Tuesday, 14 April 2020. Due processes will be followed to formally amend the school calendar to make up the loss of nine days of schooling. In order to recover the academic programme, the June 2020 vacation will be shortened by seven (7) school days and the September 2020 vacation will be shortened by two (2) school days. Please consult the D6 continuously for any updates as well for the test timetable. We will keep you informed through D6 and sms messages.
- OUERAANDE / PARENTS EVENING
Die junior (graad 8 en 9) oueraand is op Dinsdag 21 April om 17:30 in die saal. Die senior (graad 10 – 12) oueraand is op Donderdag 22 April om 17:30 in die saal. Maak gebruik van die geleentheid om met die personeel te kom gesels.
The junior (Grade 8 – 9) parents evening will be on Tuesday, 21 April at 17:30 in the hall. The senior (Grade 10 – 12) parents evening will be on Thursday, 22 April at 17:30 in the hall. Please make sure you utilise this opportunity to speak to your child’s teachers.
- RAPPORTE / REPORTS
Leerders sal hul rapporte op Maandag 20 April 2020 elektronies ontvang.
Learners will receive reports electronically on Monday, 20 April 2020.
- LEERDER AFWESIGHEDE / LEARNER ABSENTEEISM
Leerder afwesigheid is kommerwekkend. Leerders word ook te gereeld uitgeteken. Die skool sal u per sms laat weet indien as die skool gesluit word of vroeër uitkom. Maak seker dat u weet waar u kind elke dag is. Leerders moet skool toe kom!
The number of learner absenteeism is alarming. Learners are also signed out too often. The school will notify you via sms every time the school is closed or ends earlier. Make sure you know where your child is at all times. Learners must attend school every day!
- SPORTWEDSTRYDE / TOERE / SKOOL UITSTAPPIES / BUSVERVOER
SPORT MATCHES / TOURS / SCHOOL EXCURSIONS / BUS TRANSPORT
Daar is nou baie strenger reëls en regulasies waaraan die skool moet voldoen wanneer van busvervoer gebruik maak word. U samewerking in die verband is van die uiterste belang. Nie net vir u kind se veiligheid op die busrit nie, maar ook gedurende die aktiwiteit waaraan hy / sy gaan deelneem.
Dit is vir die skool belangrik om te weet indien van busvervoer gebruik gemaak gaan word. Belangriker is egter die vervoer nà die aktiwiteit. Daar moet vooraf gereël word indien u kind eie vervoer gaan gebruik. Onder geen omstandighede kan ons toelaat dat u kind op die betrokke dag met “vriende” terugkeer sonder dat ons u skriftelike toestemming het nie. Ons doen ook ʼn beroep op u om nie die leerlinge na die aktiwiteit te lank te laat wag nie. Die leerlinge sal binne die skoolterrein by sekuriteit afgehaal moet word indien u laat is.
There are very strict rules and regulations that the school must adhere to every time bus transport is involved. Your co-operation in this regard is of utmost importance. Not only for your child’s safety on the bus ride but also during the activity in which he / she will participate.
It is important for the school to know if bus transport will be used. More importantly, however, is the mode of transport after the activity. You must arrange in advance if your child is going to make use of his / her own transport. Under no circumstances can we allow your child to return with “friends” on that particular day without your written permission. We also urge you not to let there be a delay in picking up learners returning on the bus after the activity. The learners will have to be picked up from the school premises at the security guard if you are late.
- SKOOLDRAG / SCHOOL WEAR
Ons vra u om ten alle tye die reëls in verband met skooldrag, soos uiteengesit in ons skoolreëls, na te kom. Dit behels alle skoolaktiwiteite asook sportbyeenkomste en skooluitstappies.
We request that you comply at all times with the rules regarding school uniform as set out in our school rules. This applies to all school activities, sports events and school excursions.
8.DREAMVILLE
Die produksie word vanaf 12 tot 14 Mei hier in ons eie skoolsaal aangebied. Dit gaan ʼn uitstekende “Musical” wees wat u beslis nie kan mis nie. Ons vra u ondersteuning. Al neem u kind nie deel nie, kom ervaar die kultuur hoogtepunte van Bergvlam.
The production will be presented here in our own school hall from 12 to 14 May 2020. It is going to be an excellent Musical that you definitely cannot miss out on. We ask for your support even if your child is not participating in this production.
- SKOOLFONDS / SCHOOL FEES
Dankie aan die ouers wat getrou hulle skoolfonds betaal. Indien u ʼn probleem ondervind, kontak onverwyld die finansiële kantoor. vak-, boek- en sentrumgeld moet asseblief vroegtydig betaal word. Dit is afsonderlik van skoolfonds. U samewerking in die verband word waardeer.
Thank you to the parents who faithfully pay their school fees. If you experience a problem, contact the financial office immediately. Subject / book and centre fees must be paid in advance. These fees are separate from school fees. Your co-operation in this regards is appreciated.
Ons sien uit na ʼn besige 2e kwartaal met baie aktiwiteite wat gaan plaasvind. Ons wens u almal sterkte toe vir die tyd wat voorlê en glo en vertrou dat u en u geliefdes veilig sal wees.
We are looking forward to a busy 2nd quarter with loads of activities taking place. We wish you all the best during this trying period and pray that you, your loved ones and family remain safely.
Vlammie-groete / Vlammie greetings
DEON VISSER
SKOOLHOOF / SCHOOL PRINCIPAL