25/02/2021
Graad 8 Ouers/Voogde
GRAAD 8 “SPARKI SPIRIT DAY”
Neem asseblief kennis van die volgende aktiwiteite waar graad 8 leerders betrokke is:
U seun/dogter word hiermee in kennis gestel van die graad 8 spanbou wat op Saterdag, 6 Maart 2021 op die rugbyveld gaan plaasvind.
Net die volgende reëlings:
• Leerders sal nie die skoolgronde mag verlaat voor die einde van die dag nie.
• Die koste beloop R85 per kind, wat middagete, koeldrank, twee peuselhappies, sowel as die dag se aktiwiteite insluit. Betaal asseblief by die registeronderwyser.
• Leerders moet stiptelik om 07:00 op die pawiljoen sit. Die dag sal om 16:00 eindig.
• Onthou asseblief die volgende:
‘n Hoed, sonskerm en ‘n bottel water.
Trek die kleur aan, soos deur die BK gereël.
Ekstra peuselhappies kan saamgebring word.
Die snoepie sal ook die hele dag oop wees, bring asseblief sakgeld daarvoor saam.
Die “Sparki boekie”, vir nodige inligting.
Hope energie en entoesiasme.
Ons sien uit daarna om die dag saam met die Sparki’s te spandeer!
Vir enige verdere navrae, stuur asseblief ‘n e-pos aan aletia@bergvlam.co.za of ‘n WhatsApp na 0714448147.
____________________ ____________________
Me A. du Toit Mnr D. Visser
Graadvoog Hoof