26 Junie 2020
Goeie dag aan al ons Vlammie Ouers
Ek wil graag die volgende onder u aandag bring:
- GRAAD 12
Baie dankie aan almal wat so mooi saamwerk. Die graad 12’s is in hul roetine en ons is dankbaar daarvoor.
- GRAAD 10 EN GRAAD 11 INFASERING
Die datum vir die terugkeer is die 6e Julie 2020.
Voorskool:
Die hekke sal oop wees vanaf 06:30. Maak gebruik van die Vleiland pad en hek by Bosmol. Die leerlinge word by die Bosmol afgelaai waarna u uitbeweeg deur die Laeveldhek. Hou asseblief links en respekteer die eenrigtingverkeer. Leerlinge wat afgelaai word in Geelhoutlaan beweeg deur die Laeveldhek (Busse / Taxi’s) en draai links in die rigting van Madiba. Geen regsdraai nie – Dankie.
Na Skool:
Die prosedure is presies dieselfde. Hekke sal om 13:00 oopmaak. Ouers kan die leerlinge by Bosmol kry en dan die skool dadelik verlaat. Geen leerling sal na 14:30 op die terrein toegelaat word nie. (Die skool word elke dag vanaf 14:30 gesaniteer)
Mac Vlam-Hek:
Die hek is die enigste hek wat gebruik gaan word deur die leerlinge. Hulle gaan ontvang word deur personeel wat die volgende prosedures gaan volg:
- Temperatuur gaan gemeet word;
- Sanitering gaan plaasvind;
- Standaard vrae gaan gevra word;
- Aanmelding by die registerklas;
Daarna beweeg die leerling na die 1e periode wat stiptelik om 07:30 begin. Ons vra die samewerking van al die leerlinge. Na skool beweeg hulle dan weer uit deur die hek. Geen samedromming na skool sal toegelaat word nie.
- Die laaste klas eindig om 13:45.
- Ekstra klasse sal tot 14:30 plaasvind.
Die Mac Vlam-hek sal gesluit word om 07:30. Leerlinge wat laat is moet dan saam hul ouers aanmeld by die hek. Die Vleiland- en Laeveld hek sal om 07:30 sluit. Leerlinge wat na die tyd arriveer moet saam hul ouers by die Hoofhek aanmeld.
- SPESIALE REËLINGS VIR GRAAD 10 EN GRAAD 11
Die Graad 10 leerders moet Donderdag, 02 Julie 2020, vanaf 08:00 – 11:00 by die saal aanmeld vir die Covid-19 oriënterings program wat die volgende behels:
- opleiding en verduideliking van prosedures
- uitdeel van vorms vir mediese inligting
- bespreking van kwartaal 1 punte
- inligting oor rooster
- registrasie / opleiding oor Moodle
Die Graad 11 leerders moet Vrydag, 03 Julie 2020, vanaf 08:00 – 11:00 by die saal aanmeld vir die Covid-19 oriënterings program wat die volgende behels:
- opleiding en verduideliking van prosedures
- uitdeel van vorms vir mediese inligting
- bespreking van kwartaal 1 punte
- inligting oor rooster
- registrasie / opleiding oor Moodle
- SKOOLFONDS
Ek het groot waardering vir al die ouers wat hul skoolfonds elke maand getrou betaal. Baie dankie. Die skool doen ʼn beroep om die wat nie betaal
om die skool te kontak en ʼn reëling te tref met die finansieskantoor.
- SKOOLKOSKAS
Ons benodig dringend kos skenkings vir ons Vlammie families in nood. Kontak asseblief vir Mev Jolanda Nel. Alle hulp en skenkings, hoe klein ook al, sal baie waardeer word.
Onthou om u persoonlike higiëne op te skerp. Was u hande en dra jou masker.
Bly gesond!
Vlammie-groete
DEON VISSER
SKOOLHOOF