23 Februarie 2021
Beste Ouers
RE: BEHEERLIGGAAM-VERKIESING: INLIGTING, REGULASIES EN VEREISTES
Die huidige Beheerliggaam se termyn sal eersdaags verstryk. Die verkiesing van nuut verkose Beheerliggame vind in Maart 2021 plaas. Hierdie verkose lede dien dan ʼn drie jaar termyn uit.
1. SAMESTELLING VAN BEHEERLIGGAAM
Hoërskool Bergvlam kwalifiseer vir die volgende samestelling:
Ouerkomponent: nege lede
Onderwyserskomponent: hoof + drie lede
Nie-onderwyskomponent: een lid
Leerderkomponent: drie lede
2. VERKIESINGSMODEL
Aangesien die skool met die vorige verkiesing die voldag stem-opsie met groot sukses toegepas het, sal die skool weer dieselfde model volg.
3. NOMINASIEPROSES
Nominasievorms is vanaf Woensdag 10 Maart by ontvangs beskikbaar.
Nominasies kan egter nog tot op Vrydag 19 Maart om 06:30 by ontvangs ingehandig word.
ʼn Profiel met ʼn foto van die genomineerde persone sal elektronies aan ouers gestuur word sodat u uself voor die stemdag van die onderskeie persone se waardetoevoeging kan vergewis.
Genomineerde persone se profiel en foto’s sal ook op stemdag by die saal opgeplak wees ter insae.
Ouers met die volgende vaardighede word benodig:
Sterk finansiële agtergrond
Menslike hulpbronbestuur
Kennis ten opsigte van terrein-en geboue-onderhoud
Kennis ten opsigte van sport: afrigting en ondersteuning
Hulpverlening tydens dissiplinêre gesprekke en verhore
Ondersteuning ten opsigte van kultuuraktiwiteite
Agtergrond in die versekeringsbedryf
4. VERKIESINGSPROSES: WOENSDAG 24 MAART 2021
Die stemlokaal (skoolsaal) sal reeds om 06:30 open en om 18:00 sluit.
U is stemgeregtig indien u naam op die kieserslys (die skool se databasis) verskyn.
U het dus die volgende geleenthede om op daardie dag te stem:
Wanneer u u kind voor skool aflaai;
Wanneer u u kind na skool kom oplaai;
Wanneer u u kind na sportoefening kom oplaai;
Enige tyd gedurende die dag wanneer u ʼn geleentheid het.
Wanneer die stemproses om 18:00 sluit, sal met die tel van die stemme begin word.
Die nuwe beheerliggaam vir die volgende drie jaar termyn sal, nadat die proses as vry en regverdig verklaar is, aangekondig word.
Dit is van die uiterste belang dat u, as ouer, by hierdie proses betrokke raak.
ʼn Verantwoordelike ouer, is ʼn betrokke ouer!
Bergvlam-groete
DEON VISSER
HOOF