Afrikaans

Simoné de Jager

Departementshoof / Department Head

Riëtte Nel

Vakhoof EAT /
Subject Head FAL

Elsa van Zyl

Vakhoof HT /
Subject Head HL

Alétia du Toit

Anseri Boje

Desiree Eksteen

Arina van der Merwe

Beste Ouers

KWARTAAL 2:        OMSENDBRIEF  2

In ‘n oogknip trek ons alreeds weer in die helfte van hierdie kwartaal!  Elke week is volgepak met akademie, sportoefening en –wedstryde en kultuuroefening vir What a wonderful world.  Intussen peil die eksamen ook op ons af!  Dit is dus nodig dat ons ‘n paar dringende sake onder u aandag bring:

  1. BEVORDERINGS

Dit is vir die skool aangenaam om bekend te maak dat die volgende Departementshoof-aanstellings gemaak is:

 

  1. KLEREBANK

Mev.Jenny Bhana, een van ons ouers, het die verantwoordelikheid van die klerebank oorgeneem.  Mev. Bhana is bedags by die klerestoor, agter die saal beskikbaar en lewer ‘n uitmuntende diens aan ons ouers en leerders.  Die skool wil hiermee ook sy dankbaarheid teenoor Mev. Bhana uitspreek vir haar bereidwilligheid om hierdie onbaatsugtige diens te lewer.

 

  1. KULTUURWEEK

Ons Kultuurweek vind die laaste week in Mei plaas:

 

 

Leerders mag met ‘n netjiese denim skool toe kom.  Die onderskeie grade dra die volgende kleur T-hemp daarmee saam sodat ons die landsvlag kan uitbeeld wanneer die leerders in die saal gepak word:

Leerders kan kos- en produkte stalletjies teen R50,00 huur vir ‘n verlengde pouse.  ‘n Spesifieke kultuur se kos en produkte moet verkoop word.  Al die nodige reȅlings word met leerders getref wat hierin belangstel.  Let asseblief daarop dat daar nie tyd is om kos te verkoop wat ‘n lang gaarmaakproses behels nie.  Alles was verkoop word, moet vining en maklik wees.

 

Na die kultuuraktiwiteite afgehandel is, is dit ‘n NORMALE SKOOLDAG!  Moet asseblief nie u kind by die huis hou nie, die eksamen is voor die deur!  Belangrike werk word in die klas gedoen wat GEEN kind op hierdie stadium kan mis nie!

 

  1. OPEDAG

Die Graad 7-opedag vind op Woensdag, 28 Mei plaas.  Graad 7-leerders sal reeds vanaf 13:00 arriveer.  Om alles in gereedheid te kry, sal die skool reeds om 12:30 sluit.  Ons het baie leerderhulp nodig, dus sal die meerderheid leerders die hele middag betrokke wees by al die aktiwiteite.

Die opedag eindig teen 17:00, waarna ons moet opruim.  Alle helpers sal tot ten minste 17:30 betrokke wees.

5. JUNIE-EKSAMEN

http://www.school-communicator.com/download.php

 

  1. UITREIK-AKSIES

Die skool is tans by ‘n hele aantal uitreik-aksies betrokke.  Ons vra asseblief u ondersteuning vir die volgende aksies:

 

  1. EKSTRA  KLASSE

Die skool kry op ‘n gereȅlde basis navrae oor ekstra klasse in spesifieke vakke.  Die volgende persone het hul besonderhede verstrek, kontak hulle gerus sou u van hul dienste wil gebruik maak:

 

  1. VORIBOS EN INNIBOS

 

 

  1. GELUKWENSE

Baie geluk aan die volgende leerders wat hul plek in Mpumalanga-spanne los gespeel het, asook spanne wat na die volgende rondtes deurdring:

HOKKIE

   

NETBAL

NJABULISO NGOMANE  O/17

NELLY MKHONTO O/16

MICHELLE MATHEBULA O/14

RUGBY

TRISTAN LOUW is gekies om te gaan deelneem aan die Cravenweek gedurende die Julie vakansie.  Ons is baie trots op jou.

 

ü  ATLETIEK –  MAUDAS BANDA:  Die skool se beste wense vergesel Maudas.  Maudas neem vanaf volgende week af deel aan die Afrika-spele in Botswana as lid van die SA Junior Atletiekspan.  Maudas is ‘n uitblinker in verspring seuns O/16, ons hou vir hom styf duimvas.

Heelwat ouers kontak my per e-pos, u is enige tyd welkom om my te kontak sou daar iets wees wat u wil bespreek.

 

Vlammie groete

 

…………………………………

ANNEMARIé  KLEYNHANS

HOOF