02 Julie 2020

Goeiedag aan al ons Vlammie Ouers

Die Beheerliggaam gee kennis dat ons skool gaan afwyk van die afkondiging vd DBO.

Dit impliseer dat al ons Graad 10 leerlinge terugkeer skool toe volgens die briewe wat hierdie week aan u gestuur is.

Ons mag volgens Staatskoerant 43465 van 23 Junie 2020 bloot kennis gee dat ons gaan afwyk van die afkondiging. Dit is 100% in lyn met ons beplanning en ons skool verbreek geen wet nie. Ander skole in die dorp doen dit ook so.

Ons sien uit na die terugkeer van Gr 10 – 12 leerlinge op.

Al die graad 12’s woon elke dag skool by en daar sal geen verandering aan hul skedule wees nie behalwe vir Maandag, 6 Julie 2020.

Ongelukkig kan ons nie op die stadium die Gr 8 en Gr 9 ook insluit by die kennisgewing nie.

Neem kennis dat al die Graad 12 leerders moet NET Maandag, 06 Julie 2020, by die huis bly om vir die Graad 11 en 10 leerders die kans te gun om hulle eerste dag te kan begin

Ons verwelkom dan die graad 11 en 10 leerders op Maandag, 6 Julie 2020. Ingevolge die DBE-opdrag mag slegs 50% van elke graad by die skool wees om te verseker dat die sosiale afstand tussen leerders nagekom word. Alle leerders van graad 11 en 10 wat Donderdag en Vrydag die COVID-19-oriëntasie bygewoon het, is ten volle toegerus om skool op Maandag te begin.

Ons begin met Dag 1 volgens graad 11 en 10 se nuwe roosters.  Die graad 11 en 10 leerders sal elke dag skool bywoon volgens hulle van:

A  –  L

M  – Z

 

Elke Graad 11 en 10 leerder ontvang hul eie skedule en rooster

 

DAAGLIKSE SKEDULES

GRAAD 11 & 10 LEERDERS

DATUM DAG VAN AUGUSTUS                      JULIE
06/07 1 A – L
07/07 1 M – Z
08/07 2 A – L
09/07 2 M – Z
10/07 3 A – L
13/07 3 M – Z
14/07 4 A – L
15/07 4 M – Z
16/07 5 A – L
17/07 5 M – Z
20/07 6 A – L
21/07 6 M – Z
22/07 1 A – L
23/07 1 M – Z
24/07 2 A – L
27/07 2 M – Z
28/07 3 A – L
29/07 3 M – Z
30/07 4 A – L
31/07 4 M – Z
03/08 5 A – L
04/08 5 M – Z
05/08 6 A – L
06/08 6 M – Z

VERSEKER ASSEBLIEF DIE VOLGENDE REËLS EN WETGEWINGS WORD NIE VERONTAGSAAM NIE

 GRAAD 10 EN GRAAD 11 REëLINGS

Voorskool:

Die hekke sal oop wees vanaf 06:30.  Maak gebruik van die Vleilandpad en hek by die Bosmol.  Die leerlinge word by die Bosmol afgelaai waarna u uitbeweeg deur die Laevelderhek.  Hou asseblief links en respekteer die eenrigtingverkeer.  Leerlinge wat afgelaai word in Geelhoutlaan beweeg deur die Laevelderhek (Busse / Taxi’s) en draai links in die rigting van Madiba.  Geen regsdraai nie – Dankie.

Na Skool:

Die prosedure is presies dieselfde.  Hekke sal om 13:00 oopmaak.  Ouers kan die leerlinge by die Bosmol kry waarna die skool dadelik verlaat word.  Geen leerling sal na 14:30 op die terrein toegelaat word nie.  (Die skool word elke dag vanaf 14:30 gesaniteer)

Mac Vlam-Hek:

Die hek is die enigste hek wat gebruik gaan word deur die leerlinge.  Hulle gaan ontvang word deur personeel wat die volgende prosedures gaan volg:

Daarna beweeg die leerling na die 1e periode wat stiptelik om 07:30 begin.  Ons vra die samewerking van al die leerlinge.  Na skool beweeg hulle dan weer uit deur die hek.  Geen samedromming na skool sal toegelaat word nie.

Die Mac Vlam-hek sal gesluit word om 07:30.  Leerlinge wat laat is moet dan saam hul ouers aanmeld by die hek.  Die Vleiland- en Laevelderhek sal om 07:30 sluit.  Leerlinge wat na die tyd arriveer moet saam hul ouers by die Hoofhek aanmeld.                                                                         

2. HANTERING VAN BESOEKERS BY DIE SKOOL (SLUIT OUERS IN)

Almal wat die terrein betree, moet aan dieselfde voorsorgmaatreëls onderwerp word om ons hele gemeenskap te beskerm.  Dus sal die volgende prosedure geld:

  1. SKOOLREëLS

ALLE skoolreëls moet ten alle tye nagekom word.  Die reëls i.v.m. COVID-19 sal streng toegepas word.  Ons vra u samewerking in die verband. 

  1. SKOOLFONDS

Ek het groot waardering vir al die ouers wat hul skoolfonds elke maand getrou betaal.  Baie dankie.  Die skool doen ʼn beroep op die wat nie betaal,

om die skool te kontak en ʼn reëling te tref met die finansieskantoor.  

  1. SKOOLKOSKAS

Ons benodig dringend kos skenkings vir ons Vlammie families in nood.  Kontak asseblief vir Mev Jolanda Nel.  Alle hulp en skenkings, hoe klein ook al, sal baie waardeer word.

Bly veilig!

Vlammie groete

DEON VISSER

SKOOLHOOF