16 Maart 2020

Vlammie Ouers

Soos almal bewus is na die Presidensiële aankondiging, is koronavirus effek as ʼn ramp verklaar.  Neem asseblief kennis dat die skool Dinsdag, 17 Maart 2020 na afloop van die toetssiklus sal sluit.  Die volgende reëlings geld:

  1. Toere / Oefeninge / Dreamville word gestaak / afgestel tot verdere kennisgewing

 

  1. Toetsreeks vir graad 8

16 Maart 2020

Die leerders maak vandag klaar

 

  1. Toetsreeks vir graad 9 tot 12

17 Maart 2020

Na afloop van die toetse word leerders verdaag en die skool sluit

 Die vakke wat onafgehandel is sal volgende kwartaal geskryf word sodra die skool begin.

Raadpleeg asseblief deurlopend die D6 vir enige opdaterings asook die toetsrooster.  Ons sal u op hoogte hou deur middel van die D6 en sms boodskappe.  Skerp persoonlike higiëne op!  Die skool begin weer 14 April 2020, tensy die Departement ander instruksies deurgee.

Vlammie groete

__________________

MNR DEON VISSER

SKOOLHOOF