16 September 2019 |
Beste Ouers
OMSENDBRIEF 2 KWARTAAL 3
Baie dankie aan almal wat betrokke was by Bergvlam gedurende die 3e kwartaal. U bywoning van u kind se skoolaktiwiteite word waardeer. Dit is so dat leerlinge beter presteer wanneer hulle ondersteuning het.
Geluk aan al die leerlinge wat gedurende die kwartaal besonderse prestasies behaal het. Julle maak die VLAMMIES TROTS. Dit sluit ook die leerders wat buiteskool verband deelneem in.
Ons is voorwaar trots op die leerlinge. Ons wil ook die leerlinge wat hard werk aan hul akademie bedank. Julle sal die vrugte van jul arbeid pluk. Dit is immers die primêre rede waarom ons hier is!
Verder bedank ons ook al die ouers wat hul skoolfonds tot op datum getrou betaal het. Die klaskamers wat ons gekoop het maak ʼn groot verskil aan ons leerders, en veral ook aan die personeel. Julle sal opmerk dat ons besig is met verskeie projekte ter verbetering van die skool en tot voordeel van ons leerlinge. Dankie aan die Beheerliggaam daarvoor.
Baie geluk aan die leerlinge wat verkies is tot die skool se Bestuurskomitee.
Sterkte aan ons hoofleiers. Daar rus groot verantwoordelikheid op jul skouers:
Bonga Ndlovo – President
Lebogang Mokoena – Presidente
Braam Vermeulen – Vise-President
Erize de Lange – Vise-Presidente
Die Vlammies staan bankvas agter julle.
Belangrike datums om te onthou:
– Skool begin – 01 Oktober 2019
– Rapporte uit – 04 Oktober 2019
– Oueraand – 08 Oktober 2019
– Merieteaand – 10 Oktober 2019
– Matrieks – 11 Oktober 2019
Laaste dag
– 16 Oktober 2019
Eindeksamen begin
– Ekstra klas reëling sal deurgegee word.
Eindeksamen
- Gr 8 – 9 11 – 29 November 2019
- Gr 10 – 11 28 Oktober – 26 November 2019
My dank aan al ons personeel vir hulle harde werk gedurende die kwartaal. Dit word waardeer.
LAAT DIE VLAM BRAND!
Groete
MNR DEON VISSER
SKOOLHOOF