25 Oktober 2017
Beste Ouers
KWARTAAL 4: OMSENDSKRYWE 1
Ons bring graag die volgende berlangrike sake onder u aandag:
- ‘MY SCHOOL’-KAART
- ‘MYSCHOOL’ vier hul 20e verjaarsdag, en het daarom ‘n spesiale geleentheid geskep vir skole se ouers om betrokke te raak.
- Vir elke 20 nuwe aansoeke vir ‘n ‘Myschool”-kaart, ontvang die skool R20,00. Onthou: elke keer wanneer daar by ‘n winkel gekoop word, wat die ‘Myschool’-kaart ondersteun, en die kaart geskandeer word, dra dit by tot die skool se maandelikse bedrag wat ons ontvang.
- Tans kry die skool ongeveer R600,00 per maand, dit kan egter baie meer wees as al ons ouers ‘n ‘Myschool’-kaart het, en dit elke keer laat skandeer. Elke ekstra rand, stop ‘n gaatjie toe!
- Daar kan tot drie skole aan u kaart gekoppel wees.
- U kan aanlyn registreer by myschool.co.za voor, of op die laatste 27 Oktober 2017.
- U kan ook vra dat die skool u registrasie behartig deurdat u kind gedurende Donderdag en Vrydag se registerperiodes na Mev. Mandy Barnard se kantoor gaan. Sy sal dit dan aanlyn doen.
- STUDIEKURSUS
- Tydens hersiening van die jaar se werk, het die onderwysers weereens besef dat baie van ons leerders nie die vaagste benul het hóé om te leer nie!
- Die skool kon, as laaste poging om te help, met die ProActive Education Group reȅl dat ons ‘n studiekursus aanbied vir spesifiek die Graad 8 en Graad 9 leerders. Leerders in Graad 10 en 11, wat dit kan inpas, is ook welkom om dit by te woon. Ane Bekker sal die kursus aanbied.
- Die koste beloop R125,00 per leerder en sluit die studiemateriaal in.
- Datums: Donderdag, 02 November 2017 – Afrikaanssprekende Leerders – Vrydag, 03 November 2017 – Engelssprekende leerders
- Die kursus duur van 14:00 – 17:00
- Sien aangehegde brief met volle besonderhede. Die skeurstrokie moet ingehandig, en die betaling asseblief teen Maandag, 30 Oktober afgehandel wees.
- AFSLUITINGSDIENS: DINSDAG, 31 OKTOBER
- Graad 8 – 11-leerders het formele onderrig tot en met Maandag, 30 Oktober 2017.
- Op Dinsdag, 31 Oktober moet ALLE leerders by die skool wees vir hul eksamenopleiding. Leerders MOET teken dat hulle die opleiding ondergaan het. Hulle ontvang ook hul eksamen-inligtingsboekies.
- Om 9:30 stap die leerders na die NG kerk in Koraalboomlaan vir die skool se afsluitingsdiens. Daar is streng toesig deur onderwysers die hele pad na die kerk en terug.
- Leerders sal weer 11:30 terug wees by die skool, en kan dan huis toe gaan.
- Leerders, wat nie die kerkdiens bywoon nie a.g.v. godsdienstige redes, moet ‘n brief van hul ouers op Maandag, 30 Oktober by Ontvangs inhandig
Baie sterkte vir die eksamen wat voorlê!
Annemarie Kleynhans
Hoof