22 Februarie 2018
Beste Ouers
KWARTAAL 1: OMSENDSKRYWE 4
Neem asseblief kennis van die volgende belangrike reëlings t.o.v. die Interhoër Atletiek atletiekbyeenkoms van Saterdag, 24 Februarie 2018:
- Atlete en geesspan leerders moet reeds om 04:45 in die bus sit sodat die busse stiptelik om 05:00 kan vertrek. Die busse kan vir NIEMAND wag nie!
- Busryers betaal R20,00 busgeld wanneer hulle op die bus klim.
- Atlete en geesspan leerders mag ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE met ander kombinasies van sport- en skooldrag kom as wat voorgeskryf is nie.
- Die skole se geesspanne moet reeds om 06:00 op die pawiljoen sit. Toeskouers moet ook teen daardie tyd hul plekke inneem.
- Die atlete-optog en vlaghysseremonie vind om 06:30 plaas.
- Die amptelike opening sal om 07:30 wees.
- Die prysuitdeling vind om 17:00 plaas, en skoolliedere word om 17:30 gesing, waarna die byeenkoms tot ‘n einde kom
- Busse behoort teen 18:30 terug te wees by die skool. Dit is ‘n baie lang dag vir die leerders en atlete, moet asseblief nie u kind onnodig vir u laat wag nie. Hulle, sowel as die personeel wat by hulle moet bly totdat u kom, sal baie graag by die huis wil kom!
- GEEN leerder / atleet sal toegelaat word om terug te kom op die terrein van Hoërskool Rob Ferreira indien hulle die terrein voor die einde van die byeenkoms verlaat nie!
- Sorg asseblief vir genoeg sakgeld vir die dag. U kind moet ook asseblief sonblok saamneem, die son kan lastig raak.
Hoërskool Bergvlam wens elke atleet, lid van die geesspan en ons dirigente alles van die beste toe vir hierdie prestige byeenkoms. Ons weet dat ons, soos altyd, met trots sal brand!
Vlammie-groete
ANNEMARIÉ KLEYNHANS
HOOF