19 Februarie 2018
Beste Ouers
KWARTAAL 1: OMSENDSKRYWE 3
U is sekerlik deeglik bewus daarvan dat die huidige Beheerliggaam se termyn eersdaags verstryk. Die verkiesing van nuut verkose Beheerliggame vind in Maart 2018 plaas. Hierdie verkose lede dien dan ‘n 3 jaar termyn uit.
- SAMESTELLING VAN BEHEERLIGGAAM
Hoërskool Bergvlam kwalifiseer vir die volgende samestelling:
- Ouerkomponent: 9 lede
- Onderwyserskomponent: hoof + 3 lede
- Nie-onderwyskomponent: 1 lid
- Leerderkomponent: 3 lede
- VERKIESINGSMODEL
Aangesien die skool met die vorige verkiesing die voldag stem-opsie met groot sukses toegepas het, sal die skool weer dieselfde model volg.
- NOMINASIEPROSES
- Nominasievorms is vanaf Dinsdag, 20 Februarie 2018 by Ontvangs
- Volledig voltooide nominasievorms moet op Maandag, 26 Februarie 2018 tydens die nominasievergadering om 18:00 in die skoolsaal ingehandig word.
- Maak asseblief seker dat u, as persoon wat nomineer, en die genomineerde hierdie vergadering moet bywoon.
- Nominasies kan egter nog tot op Maandag, 05 Maart 2018 om 06:30 by Ontvangs ingehandig word.
- ‘n Kort CV met ‘n foto van die genomineerde persone sal elektronies aan ouers gestuur word sodat u uself voor die stemdag van die onderskeie persone se waardetoevoeging kan vergewis.
- Genomineerde persone se CV’s en foto’s sal ook op stemdag by die saal opgeplak wees ter insae.
- Ouers met die volgende vaardighede word benodig:
- Sterk finansiȅle agtergrond
- Menslike hulpbronbestuur
- Kennis t.o.v. onderhoud van terrein en geboue
- Kennis t.o.v. sport: afrigting en ondersteuning
- Hulpverlening tydens dissiplinêre gesprekke en verhore
- Ondersteuning t.o.v. kultuuraktiwiteite
- Agtergrond in die versekeringsbedryf
- VERKIESINGSPROSES: DINSDAG, 06 MAART 2018
- Die stemlokaal (skoolsaal) sal reeds om 06:30 open en om 18:00
- U is stemgeregtig indien u naam op die kieserslys (die skool se databasis) verskyn.
- U het dus die volgende geleenthede om op daardie dag te stem:
- Wanneer u u kind voor skool aflaai;
- Wanneer u u kind na skool kom oplaai;
- Wanneer u u kind na sportoefening kom oplaai;
- Enige tyd gedurende die dag wanneer u ‘n geleentheid het.
- Wanneer die stemproses om 18:00 sluit, sal met die tel van die stemme begin word.
- Die nuwe beheerliggaam vir die volgende 3 jaar termyn sal, nadat die proses as vry en regverdig verklaar is, aangekondig word.
Dit is van die uiterste belang dat u, as ouer, by hierdie proses betrokke raak. ‘n Verantwoordelike ouer, is ‘n betrokke ouer!
Bergvlam-groete
ANNEMARIÉ KLEYNHANS
HOOF