24 Maart 2017
Beste Ouers
KWARTAAL 1: OMSENDSKRYWE 5
Neem asseblief kennis van die volgende belangrike sake:
1. REȅLINGS – DINSDAG, 28 MAART 2017
- As gevolg van ‘n onderwysersopleidingsessie op Dinsdag, 28 Maart sal die skool om 12:40 uitkom, aangesien die opleiding reeds om 13:00 begin.
- Let wel: leerders pak volgens hul rooster vir Dag 6, geen periodes sal wegval nie.
2. VRAESTEL 3 – TALE
- U word daaraan herinner dat die leerders beide tale se Vraestel 3 van die Junie-eksamen volgende Donderdag en Vrydag skryf:
- Donderdag, 30 Maart: Engels Huistaal en Eerste Addisionele Taal.
- Leerders volg hul gewone rooster na die eksamensessie.
- Vrydag, 31 Maart: Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal
- Leerders het slegs ‘n eksamensessie. Die skool sluit vir die eerste kwartaal om 11:30.
- LET WEL: hierdie is twee eksamensessies. U kind is dus verplig om by die skool te wees. Indien u kind afwesig is, MOET u ‘n doktersertifikaat by die skool inhandig.
- GEEN alternatiewe reȅlings kan vir u kind getref word omdat u vroeȅr met vakansie wil gaan nie.
- Donderdag, 30 Maart: Engels Huistaal en Eerste Addisionele Taal.
3. KWARTAAL 1 – VORDERINGSVERSLAE
- Vorderingsverslae word op Vrydag, 31 Maart aan u ge-epos.
- Maak asseblief seker dat die skool u korrekte e-posadres het.
- Indien u nie oor ‘n e-posadres beskik nie, moet u op skrif ‘n uitdruk van u kind se verslag aanvra. Hierdie versoeke moet reeds op Woensdag, 29 Maart by Mev. Antoinette Kuperus ingehandig word. U kind kan dit dan op Vrydag, 31 Maart om 11:30 by Ontvangs afhaal.
- 4. AFRIGTINGSKLINIEKE
- Gedurende die vakansie woon die eerste rugbyspan, eerste seunshokkiespan en die dogtershokkiespanne afrigtingsklinieke by.
- Let asseblief daarop dat u kind nie op die bus kan klim indien die volledige verskuldigde bedrag nie by die skool inbetaal is nie. Die skool kan onder geen omstandighede die onkoste dra nie.
- Ons wens hierdie spanne ‘n veilige reis en ‘n uiters leersame afrigtingskliniek toe!
- 5. BETALING VAN SKOOLFONDS
- Baie dankie aan al die ouers wat getrou hul skoolfonds betaal!
- Indien u agterstallig geraak het, of tans finansiȅle probleme ondervind, moet u onverwyld met die finansiȅle kantoor in verbinding tree.
- 6. GRATIS LEES-APPS
Vind aangehg inligting om twee gratis lees-apps vir u kind af te laai. U kan dit tot groot voordeel vir u kind/ers aanwend.
Bάie dankie aan al ons ouers wat deur die loop van hierdie uiters besige kwartaal hul kinders getrou ondersteun het! Die skool het groot waardering daarvoor.
Ons wens u en u gesin ‘n welverdiende rustyd en ‘n heerlike vakansie toe!
Bergvlam-groete
Annemarié Kleynhans
Hoof