06 Junie 2014

Beste Ouers

KWARTAAL  2:  OMSENDBRIEF 3

Die halfjaar eksamen lê voor die deur en daarna strek ‘n lekker, lang wintervakansie voor ons uit!  Voordat ouers en leerders na ‘n ongelooflik besige kwartaal kan uitspan, is daar ‘n paar belangrike sake wat onder almal se aandag gebring moet word:

  1. ONS NEEM AFSKEID

Hoȅrskool Bergvlam neem swaar afskeid van Mev. Liézel Haasbroek, haar weggaan is vir die skool werklik ‘n groot verlies.  Mev. Haasbroek is ‘n geliefde onderwyser wat haar plek volgestaan het in EBW, Besigheidstudies en Toerisme.  Sy het ook haar kant gebring met die afrigting van die Interhoȅr geesspan, op die hokkieveld het sy met ywer afgerig, en het ‘n groot aandeel gehad in die jaarlikse prestige geleentheid waar Mnr en Mej Bergvlam gekeur en aangekondig word.  Die skool spreek sy dank en opregte waardering uit vir Mev. Haasbroek se volgehoue entoesiasme en harde werk.  Sy was ‘n rolmodel van uitnemendheid vir haar leerders.

Mev. Haasbroek is aangestel as skakelbeampte by Hoȅrskool Nelspruit en sal van volgende kwartaal af daar werksaam wees.  Ons beste wense vergesel Mev. Haasbroek in die nuwe rigting wat haar loopbaan inslaan.

 

  1. ROOSTERVERANDERINGE

As gevolg van al die bevorderings en nuwe aanstellings, is die skool genoodsaak om sekere roosterveranderinge vanaf volgende kwartaal aan te bring.  Leerders, wat geraak word, sal op die eerste dag van volgende kwartaal hul nuwe roosters ontvang.

 

  1. WEBWERF

Dit is met trots dat Hoȅrskool Bergvlam sy nuwe webwerf aan u bekendstel.  Gaan kyk gerus op www.bergvlam.co.za na ons moderne, opgedateerde webblad met ‘n hele paar nuwe kinkels daarby!  Baie dankie aan Mev. Joan van Tonder en veral Mev. Louise Fullard wat baie ure, dae en weke spandeer het om hierdie webblad saam met BeVisible die lig te laat sien.

Aangeheg vind u ‘n webprospektus wat u van die nodige gebruiksinligting sal voorsien.  Maak gerus ook van die skool se QR kodeblok gebruik indien u ‘n Anroid slimfoon of tablet besit.

 

  1. STUDIEGROEPE

Hoewel daar voortdurend afkondigings oor die onderskeie studiegroepe is, blyk dit tog dat heelwat leerders nog steeds nie daarvan bewus is nie.  Hierdie studiegroepe kan egter nie in die eksamentyd voortgaan nie omdat die Graad 12 akademiese presteerders hul aandag aan hul eksamen moet wy.  Die studiegroepprogram sal volgende kwartaal in die eerste omsendbrief beskikbaar gestel word.

 

  1. ONDERSTEUNERSHEMDE

Die leerders het reeds vir ‘n geruime tyd versoek dat die skool ook die moontlikheid van ‘n ondersteunershemp ondersoek.  Daar is na verskillende snitte gekyk en het die klerekomitee op ‘n gholfhemp besluit wat ook vir ouers beskikbaar sal wees.  Hierdie hemde sal eersdaags by die skool se veskaffers (Rieba Clothing en Dino Sprort) beskikbaar wees teen R150,00 per hemp.  LET WEL:  hierdie hemp vervang NIE die Vlammiehemp NIE!  Dit is slegs ‘n ondersteunershemp, daar sal met leerders gereȅl word wanneer ondersteunershemde gedra mag word.

 

  1. EKSAMENREȅLINGS

 

  1. AFRIKAANSE STORIEBOEKE

Die Graad 10 leerders – wat aan die ATKV-jeugtak behoort – vra dat, indien u Afrikaanse storieboeke by die huis het wat nie meer gelees word nie, u dit asseblief saam met u kind skool toe sal stuur.  Hulle wil graag hierdie storieboeke aan die ouetehuise skenk.  Ons sal dit hoog op prys stel indien u hierdie projek kan ondersteun.

 

  1. BROODBOOMPROJEK

Daar was ‘n versoek dat die broodboomprojek verleng word.  Dit is wel moontlik, dus verskuif die uithandigingsdatum na Donderdag, 31 Julie 2014.  Die skool sal u in kennis stel van die afleweringsplek en –tyd.

 

  1. SKOOLFONDSBETALINGS

Dit is werklik ‘n riem onder die hart dat soveel ouers maandeliks hul skoolfonds-verpligting getrou nakom.  Die skool het groot waardering daarvoor.  Baie dankie ook aan ouers wat reeds afbetalingsreȅlings met die finansiȅle kantoor getref het.  Ons rig ‘n dringende versoek aan ouers, wat tans finansiȅle probleme ervaar en nog nie met die finansiȅle kantoor in verbinding getree het nie, om dit onverwyld te doen.

 

  1. OPPI-VOETE PROJEK

Daar het ‘n behoefte onder ‘n groep ouers in die dorp ontstaan om gedurende die Innibos tydperk vanaf 02 Julie tot 05 Julie die drankprobleem onder tieners aan te spreek, hulle te help en die misbruik daarvan te probeer hokslaan.

Die volgende reȅlings word in plek gestel:

Die volgende word benodig:

Skenkings en / of borge t.o.v.

Sou u belangstel om betrokke te raak, of ‘n bydrae te lewer, kontak asseblief vir Mev. Marietjie de Jager by 074 776 0007.

  1. SPORTSPANPRESTASIES

Baie geluk aan die volgende spanne wat deurgedring het na die Mpumalanga semi- finale en finale uitspele:

 

Indien u met vakansie gaan, hoop ons dat u veilig en voorspoedig sal ry en heerlik sal rus.  Vir diegene wat met Jan-Tuisbly se karretjie ry, gaan die rustigheid na die kwartaal se rondjaag ook ‘n lekker lafenis wees.

Bowenal:  geniet julle kinders, wys vir hulle dat julle vir hulle lief is. dat hulle vir julle spesiaal is en spandeer soveel moontlik tyd saam met hulle!

Hartlike Bergvlam-groete

ANNEMARIE KLEYNHANS

HOOF