19 Maart 2021
Geagte Ouers
Ek hoop dit gaan goed met die Vlammie Familie. Die volgende inligting is vir u aandag.
Personeel
Baie geluk aan Mnr Krüger wat aangestel is as waarnemende hoof by Lowveld High School. Ons beste wense vergesel hom. Graag verwelkom ons vir Mej. Christelize Elbrecht op ons personeel wat die Siviele sentrum gaan beheer.
Bosmol Area
Baie dankie vir u geduld met die opgradering van die parkeerarea by die Bosmol. Ons beoog ook om die Vleiland-grondpad gedurende die skoolvakansie op te gradeer.
DUS IS ONS AFLAAISONE VANAF 24 MAART DIE BOSMOL ASOOK GEELHOULAAN
(DROP OFF)
Voorskool
Die hekke sal vanaf 06h30 oop wees. Maak gebruik van die Vleiland pad en hek by die Bosmol. Die leerlinge word by die Bosmol afgelaai waarna u uitbeweeg deur die Laeveldhek. Hou asseblief links en respekteer die eenrigtingverkeer.
Na Skool:
Die prosedure is presies dieselfde. Hekke sal om 13:00 oopmaak. Ouers kan die leerlinge by die Bosmol kry en dan die skool dadelik verlaat.
NB: Toegang vir leerlinge tot die skoolterrein is slegs by die BK kamer (drop off zone)
Skoolfonds
Ons opregte waardering aan al die ouers wat getrou hul skoolfonds betaal. Die skool het dit baie nodig om funksioneel te bly. Indien u ʼn probleem ervaar en ʼn reëling wil tref, kontak gerus die finansiële kantoor.
Verkope gedurende skooldag deur leerders
Neem asseblief kennis dat geen bederfbare en nie-bederfbare goedere by die skool verkoop mag word nie. Dit is onwettig en word onmiddellik gestaak.
Toetsreeks
Om die akademiese tyd maksimaal te benut is daar ʼn verkorte toetsreeks en middagtoetse geskeduleer. Die leerlinge sal aan die begin van die tweede kwartaal hul rapporte ontvang.
Prysuitdeling
Die 2020 prysuitdeling sal in die tweede kwartaal plaasvind. Alle inligting rakende die funksie sal betyds met ouers/voogde en leerders gekommunikeer word.
Sport / Kultuur
Baie dankie aan die afrigters en leerlinge wat reeds hard aan die oefen is. Sodra ons enige gewysigde sportreëlings van die Departement ontvang, sal ons u daarvan in kennis stel.
Beheerliggaam Verkiesing 24 Maart 2021
Die verkiesing sal in die skoolsaal vanaf 06:30 tot 18:00 plaasvind.
Spesiale reëlings:
• Toegang deur Hoofhek.
• Registrasie vind in die saal se voorportaal plaas.
• Parkering binne die skoolterrein.
• Stemming vind in die saal plaas.
• Uitgang is met die sirkelroete deur die Laevelderhek.
• Nominante se inligting is op sosiale media asook in die voorportaal beskikbaar.
• Beheerliggaam sal na die stemming op die skool se sosiale platforms bekend gemaak word.
• COVID-19 regulasies sal ten alle tye gehandhaaf word.
NB – Elke leerder se ouer/voog wat stem sal 30 meriete punte ontvang.
Ek glo en vertrou dat elke ouer wat belang by die skool het sal kom stem. Die Beheerliggaam is die spreekbuis van u as ouer. Dit is belangrik vir die bestuur van die skool om ʼn betrokke Beheerliggaam te hê.
Baie dankie vir u samewerking en voortgesette ondersteuning.
Vlammie groete
DEON VISSER
HOOF