SOSIALE MEDIA WENKE AAN OUERS

SOSIALE MEDIA WENKE AAN OUERS

  • Wag so lank as moontlik voor u toestem om aan u kind ʼn slimfoon te gee met internetverbinding.  Vroeë laerskooltyd is hopeloos te vroeg;
  • Persoonlike rekenaars met internetverbinding moet in die huis se gedeelde spasies (bv. kombuis/woonkamer) opgestel wees.  Verkieslik in oop areas waar ander familielede gereeld verbystap;
  • Gebruik filters en monitors soos ShieldMyTeen, Net Nanny en K9 wat die meeste pornografie en geweld blokkeer;
  • Praat met u kind oor sexting, kuberbullebakkery en veiligheid op sosiale media;
  • Inspekteer u kind se selfoon in sy/haar teenwoordigheid.  As u die reg het om sy/haar vriende in lewende lywe te ontmoet, het u ook die reg om sy/haar aanlynvriende te leer ken om vas te stel of hulle is wie hulle sê hulle is;
  • Dring aan op u kinders se wagwoorde.  Indien die wagwoorde verander word, moet u daarvan weet;
  • Hou gereeld openlike gesprekke met u kinders oor die gevare van sosiale media;
  • Wees baie versigtig met u eie gebruik van sosiale media.  U voorbeeld is van kardinale belang.

U kan gerus hierdie belangrike wenke aan u ouers deurgee. Ons moet ons ouers begelei op hierdie terrein aangesien sosiale media almal oorweldig.

August 28, 2017 / Principal's Blog

Share the Post

About the Author

Comments

Comments are closed.

Contact Us

Contact Form

[contact-form-7 404 "Not Found"]

SOSIALE MEDIA WENKE AAN OUERS

SOSIALE MEDIA WENKE AAN OUERS