Skiet

Skietspan - Shooting Team

shadow

Mpumalanga Skietspan - Mpumalanga Shooting Team

shadow

HENNIE GOLDING – VIR NEGENDE KEER IN SA – SPORT EN JAG HAELGEWEER SKIETSPAN

Mnr Hennie Golding, ‘n onderwyser by Hoërskool Bergvlam is tydens die SA Sport en Jagkonferensie se baansport kampioenskappe op Vrydag, 12 September 2014 vir die 9de keer as lid van die Suid-Afrikaanse span verkies.

Hennie skiet vanaf die ouderdom van drie jaar. Sy pa was sy inspirasie en op die plaas Bonnie Braes het hy voëltjies, akkedisse en later wild begin skiet.

Op hoërskool begin hy met .22-geweer skiet en word lid van die skole skietspan. In sy weermagdae verruil hy die .22 vir ‘n haelgeweer. Tans is hy lid van die SA-span wat moontlik later in die jaar internasionaal gaan deelneem.

Mnr Golding is vanaf 1981 verbonde aan Hoërskool Bergvlam. Hy rig vir 33 jaar reeds die skool se skietspanne af. (ongeveer 300 skuts oor die jare in die Oos-Transvaal en Mpumalanga spanne opgeneem) Onder leiding van mnr Golding het Bergvlam 24 Suid-Afrikaanse skole skuts opgelewer – inderdaad ‘n groot prestasie.

Sy hele gesin is skuts van formaat. Sy vrou Alma, sowel as sy dogter Marisa, het beide SA-kleure in skiet.

shadow

Brand met Trots
Burn with Pride

shadow