Krieket

Krieket 1ste Span / Cricket 1st Team

2017:
Agter van links na regs:
Dylan Sjoblom, Henro Kemp, Hannes Beeslaar (Afrigter, Spanbestuurder en Organiseerder), Ruhan Brand, Akib Larya, Sias Botha

Voor van links na regs:
Faheem Nomani (vice-captain), Johandre van den Berg, Jaydan Louw (Captain), Stefan Pretorius, Adriaan van Jaarsveld,

2016:
Agter van links na regs:
Dean Olivier, Aiden Soine, Jayden Louw, Tristan Louw, Junior Kotze, Johann Pauw, Dylan Shoblom

Voor van links na regs:
Akib Larya, Faheem Nomani, Dylan De Almeida, Ruan Brand, Henro Kemp

Eerste Krieketspan maak Geskiedenis!

Die Hoërskool Bergvlam se eerste krieketspan het hierdie week geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer in die skool se geskiedenis die Ehlanzeni Eerstespan Krieketliga te wen.

Wat hierdie prestasie meer merkwaardig maak is dat die Vlammies die liga onoorwonne deurgegaan het wat ook ‘n eerste vir die skool se eerstespan is!

Die seisoen is afgesluit met ‘n besondere wen teen die buurskool, Lowveld High School. Die Hoërskool Bergvlam het eerste gekolf en 238 lopies aangeteken met Aiden Soine wat 52 met die kolf bygedra het en goed ondersteun is deur Francois pauw met 37. Lowveld High het die tuisspan behoorlik laat sweet toe dit hul beurt was met die kolf en op ‘n stadium, met hul telling van 150 lop9ies vir die verlies van slegs 2 paaltjies, gelyk of hulle die wedstryd gemaklik gaan wen. Dit was egter toe dat die boulaanval van die |vlammies hul merk gemaak het en die laaste 8 paaltjies van Lowveld High laat kantel het om die gaste vir 214 lopies uit te boul.

Deon Olivier spog met 3 paaltjies in sy 7 beurte en is deur Juan Pretorius bygestaan wat self ook 3 paaltjies geneem het. Dit is toe die laaste paaltjie van Lowveld High se kolfbeurt in die laaste beurt val, dat die veesvieringe vir die Hoërskool Bergvlam begin het.

Mnr. Rihann van der Merwe het die volgende oor sy span te sê gehad: “ Dit was ‘n ongelooflike seisoen. Die wedstryd teen Lowveld High is die eerste keer dat ‘n span meer as 150 lopies teen ons kon aanteken. Op ‘n stadium was die spelers bekommerd, maar soos dwarsdeur die seisoen, het hulle aanhou veg en nooit opgegee nie. Die harde werk en toewyding van die span het gelei tot ‘n seisoen wat hulle nooit sal vergeet nie. Ons gaan die prestasie behoorlik vier en dan, na die skoolvakansie, op die uitspeelwedstryde begin fokus.”

Brand met Trots
Burn with Pride

Contact Us

Contact Form

[contact-form-7 404 "Not Found"]

Krieket

Krieket