Eksterne Sport

Hoërskool Bergvlam Jukskei-kampioene!

Die SA Skolekampioenskappe het van 10-13 Desember 2014 in Pretoria plaasgevind.
Die spelers het die volgende prestasies behaal:
Seuns 0/19 : Kobus de Jager, Jaco Viljoen en Timothy Esterhuizen Driespel (brons)
Dogters 0/19: Miranda de Jager en Annelize van der Merwe
Dubbelspel (goud)

Miranda de Jager, Annelize van der Merwe,
Duné Janse van Rensburg
Driespel (goud)
Spanspel – vierde plek

Die SA Junior Jukskeikampioenskappe het van 14-19 Desember 2014 te Kroonstad plaasgevind.

Die volgende spelers het deelgeneem:
Kobus de Jager, Johan Pretorius, Miranda de Jager, Kesandra Pretorius en Annelize van der Merwe.

Spelers vir die streekspanne gekies:
Kobus de Jager, Johan Pretorius en Miranda de Jager.

Miranda het ‘n silwer medalje verower. Sy is ook vir die SA A-span gekies waar sy ‘n goue medalje verower het.

Hierdie spelers se harde oefening is met goeie plekke beloon.

Miranda de Jager
Timothy Esterhuizen & Jaco Viljoen

Jukskei

JUKSKEI BY BERGVLAM!!

Ons het te Middelburg deelgeneem aan ons eerste skole-liga, waar ons teen Hoërskool Secunda, HTS Middelburg, Hoërskool Oosterland en Hendrina Hoërskoo gespeel het. Albei spanne het al vyf hul wedstryde gewen!

We participated and played in our first school league competition at Middelburg against Secunda High School, HTS Middelburg, Oosterland High School and Hendrina High School. Both our teams won all their matches!

Voor – Front:

  • Dune Janse van Rensburg
  • Kesandra Pretorius
  • Mia Janse van Rensburg
  • Miranda de Jager
  • Annelize van der Merwe

Agter – Back:

  • Timothy Esterhuizen
  • Jaco Viljoen
  • Kobus de Jager
  • Johan Pretorius
  • Henning van Aswegen

Stoei - Wrestling

STOEI – WRESTLING

Die HS Bergvlam is baie trots op Faantjie Steyn wat ‘n derde plek by die Nasionale proewe los gestoei het.

‘n Pragprestasie vir ‘n stoeier wat eers twee jaar gelede met die sport begin het.

Faantjie is ingesluit in die oefenspan wat help om die stoeiers wat eerste plekke verwerf het, te help voorberei vir die Afrika-kampioenskappe volgende maand.

Faantjie het ook ‘n derde plek in die afgelope Presidente- en Meesterskampioenskappe behaal.

Brand met Trots
Burn with Pride

Contact Us

Contact Form

[contact-form-7 404 "Not Found"]

Eksterne Sport

Eksterne Sport